Résultats de recherche de titre
Articles 1 à 20 sur 40

Vorms & Kleure vir Kinders Ingesluit is ses, vyf en agt kante
Par Amber Richards, Liezl Dreyer. 2014
Dankie dat julle vir die jong kinders in julle lewens lees. As ouma en ma, het ek agter gekom ek…
leer kinders van basiese vorms en kleure. Ek is nie seker hoekom ek net daar gestop het nie, maar dit lyk maar soos 'n algemene verskynsel.
Laguns Die Eensame Meermin
Par Dan Alatorre, Petro Ebersohn. 2015
'n Heerlike prenteboek met oulike sketsies. Laguna die Eensame Meermin vertel die verhaal van 'n eensame. jong meermin wat aan…
'n manier moet dink om gestrande seerowers te red. Deur ander te help, maak sy nuwe vriende.Ideaal vir ouers om aan voorskoolse kinders voor te lees, of vir kinders wat 'n bietjie ouer is, om aan hulle ouers voor te lees! Dit sluit voorstelle in vir ouers om lees pret te maak vir hulle kinders.
Die Geheim
Par Katrina Bowlin-Mackenzie, Leonie van der Wath. 2017

Blouen Eiland
Par Katrina Bowlin-Mackenzie, Corlia Jones. 2016
‘n Ras van blou mense woon op ‘n eiland, hulle hou nie van mense van ander kleure nie. Hierdie boek…
leer dat alle mense is die moeite werd om lief te hê. Baie kleurvolle illustrasies.
Die Avonture van Knypie Krap en Ramon D'Escargot
Par Dan Alatorre, Petro Ebersöhn. 2015
'n Klein dogtertjie gaan saam met haar gesin strand toe waar sy vriende maak met 'n krappie en sy maats.…
Alles gaan goed totdat 'n klein vreemdeling na 'n storm op die strand uitspoel en sy besluit om saam met haar vriende te probeer om hom weer terug te kry by sy huis - in Frankryk! Geniet hierdie volkleur, geïllustreerde kinderboek saam met jou kind! Ideaal om vir jou kleuter voor te lees, of vir die wat bietjie ouer is om vir jou te lees!
Destiny En Faith gaan na die Tweelingsentrum Akademie
Par Teddy Rose O'Malley, Liezl Dreyer. 2015
Destiny en Faith gaan na graad twee in 'n skool vir tweelinge. Hulle maak vyande en vriende en hulle moet…
instaan waar vriende uitval. Dit is egter die minste van hulle probleme. Toe die hoof 'n plan het om al die tweelinge te dwing om dieselfde aan te trek, het Destiny en Faith op hulle regte gestaan. Daar gaan moeilikheid wees - dubbeld.
'n Feë verhaal
Par Katrina Bowlin-Mackenzie, Liezl Dreyer. 2015

Die Bewaarder se Towerboek
Par Rain Oxford, Liezl Dreyer. 2015
Dylan het gedink hy is 'n gemiddelde man, met 'n doodloopstraat werk en nie groot aspirasies in die lewe nie.…
Toe hy 'n swart boek vind met eienaardige woorde en merke, ontdek hy dat die heelal baie groter is as wat hy gedink het. Die Bewaarder van die Aarde, wat die boek en sy groot krag veilig bewaar het, en uit die verkeerde hande gehou het, word doodgemaak. Nou het die Aarde 'n nuwe Bewaarder nodig gehad. Die stryd om die boek te beskerm het vroeg vir Dylan begin, toe hy vinnig moes staatmaak op sy nuutontdekte magte om die wesens wat gestuur is om die boek te vat, te verslaan. Dylan se lewe word verseker vol avontuur, gevaar en toorkrag Om sy boek te beskerm en die wêreld wat nou op hom staatmaak, moet hy leer om te oorleef in 'n vreemde wêreld, veg teen die vreeslikste gruwels buite enige verbeelding denkbaar, sy toorkuns bemeester, en uiteindelik die stryd stry teen 'n donker god wat reeds een wêreld vernietig het.
Oupa is hemel toe
Par Amber Richards, Madelyn Coetzee. 2015
Voorwoord aan volwassenes wat vir kinders lees Hierdie e-boek is geskryf van uit 'n Christelike perspektief, wat bedoel word om…
aan jong kinders gelees word, of enige ander ouderdom as die boek hulle kan help om die afsterwe van 'n geliefde te verwerk. Die boek was spesifiek geskryf om 'n slim 2 jarige seuntjie te help wat sy oupa amper elke dag gesien het. Hy het 'n verduideliking nodig gehad waarheen sy oupa gegaan het. Die verbalisering van die verduideliking in 'n boek kan moeilik wees vir verskeie redes: Die konteks is vir jong kinders wat op 'n konkrete wyse dink Die onderwerp is kompleks Dit is belangrik om nie 'n vrees te ontwikkel nie Gevoelens van hartseer moet bekragtig word, terwyl hoop uitgebeeld word Sommige van die besonderhede in hierdie boek is spesifiek vir sy oupa, soos die gebruik van 'n kierie, waarmee die klein seuntjie gespeel het. As jy die boek aan 'n jong kind lees voeg asseblief enige persoonlike besonderhede by sodat die boek meer persoonlik is in elke unieke situasie. Paar voorbeelde volg: Wat het die kind die geliefde genoem? Die konsep kan op toepassing wees van enige geliefde wat afgesterwe het. Wat was die geliefde se liggaamlike beperkings wat hul hemelse liggaam nie sal he nie? Miskien was dit brille, 'n rolstoel, gehoor apparate of iets soort gelyk. Is daar iets uniek en ouderdom-gepas wat jy graag wil byvoeg oor hoe die geliefde dood is Hier is 'n paar voorstelle om die e-boek te gebruik: Lees dit deur en identifiseer areas waar jy dit 'n persoonlike storie kan maak voordat jy dit aan 'n kind lees. Besluit hoe jy hierdie storie gaan gebruik As gevolg van die feit dat die onderwerp kompleks en baie emosioneel is, en dat dit aan 'n kind gelees word, was dit belangrik om die boek kort te hou. Moenie meer informasie aan die kind gee as wat versoek word nie. As volwassenes het ons
Die Golwe
Par Jen Minkman, Petro Ebersohn. 2014
My eerste herinnering aan my oupa is van 'n oomblik wat ons gedeel het. Ek sit op sy knie en…
kyk uit oor die hawe. Oupa rook 'n pyp. "Kyk, Walt, daar is ons skepe. En eendag gaan daar een wat selfs mooier is, op die horison verskyn. 'n Magtige skip wat ons almal gaan kom haal." "Waarheen, Oupa?" vra ek nuuskierig. Hy bly stil. "Niemand weet presies nie," sê hy uiteindelik. "Maar dit maak nie dat dit minder fantasties is nie. Eendag gaan daardie skip inkom. En Annabelle sal op die voordek staan met ope arms om ons aanboord te verwelkom." Die godin met die swart hare wat in die wind waai, soos uitgebeeld teen die grootste muur in ons tempel. "Hoekom vaar ons nie self na haar toe nie?" wil ek weet. "Omdat sy belowe het sy sal kom," antwoord Oupa. "En ons maak staat op daardie belofte. Dit is net die Ongelowiges wat dink hulle kan alles self doen. Hulle glo glad nie in die godin nie." Walt woon in Hoophawe, 'n eilandgemeenskap wat hulle vertroue plaas in redding van die anderkant van die see af. Die dorpsmense wag geduldig, bou skepe om uit te vaar om hulle godin te verwelkom, en besoek elke week vroom die tempel. Gruwelstories omtrent die Ongelowiges wat aan die anderkant van Tresco woon, word vertel om hulle kinders bang te maak. Maar alles is nie soos dit lyk nie. Walt het vrae wat niemand kan beantwoord nie, en wanneer sy beste vriend en neef, Yorrick, in 'n ongeluk sterf, grawe hy dieper om die waarheid uit te vind omtrent die oorsprong van die Hoophawegemeenskap... en die geheime van die tempel. Keer terug na die wêreld van Die Eiland, en ontdek hoe Walt se lewe was voor en nadat hy Leia ontmoet het!
Geagte Skrywer
Par Matthew W. Grant, Petro Ebersohn. 2014
Wees 'n getuie van hoe James Walek tot raserny gedryf word wanneer hy as gevolg van 'n huwelik wat besig…
is om op die rotse te loop en 'n skryfloopbaan wat tot stilstand gekom het, deur een te veel van daardie beledigende "Geagte Skrywer"-briewe van afkeur van 'n uitgewer, oor die rand van wanhoop gestoot word.
Die Prinses En Die Dolfyn
Par Dan Alatorre, Petro Ebersohn. 2015
"Die Prinses en die Dolfyn" is 'n vermaaklike prenteboekie met oulike sketsies vir kinders. Dit vertel die storie van 'n…
pragtige, klein prinsessie met 'n baie spesiale opgestopte diertjie wat sy iewers in die kasteel laat wegraak. Met behulp van haar ouers (die koning en koningin) en die gesin se hond, sit hulle 'n soektog op tou daarna.Kinders geniet 'n prettige bangmaakstorie terwyl hulle ontdek dat volharding, vindingrykheid en samewerking belangrik is. 'n Klein prinsessie in jou huis mag dalk 'n ding of twee leer oor speelgoed wat gebêre moet word, en miskien iets oor verantwoordelikheid ook!'n Goeie storie vir ouers om aan hulle voorskoolse kinders voor te lees, of vir kinders wat 'n bietjie ouer is om vir hulle ouers te lees!
Aga verloor sy strepe
Par Francois Keyser, Elrika Keyser. 2016
Welkom in die wereld van "Die Woudties" "Die Woudties" is 'n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van…
5 dieremaats. Elke boek in "Die Woudties" reeks is geskryf met 'n les vir jong lesers om te leer. Die les in hierdie boek is dat ons altyd eerlik moet wees. In hierdie boek verloor Aga, die tier sy strepe- of doen hy? Kuier saam met die dieremaats terwyl hulle na Aga se verlore strepe soek en leer dat dit altyd beter is om die waarheid te praat. Francois se oudste dogter was sy inspirasie om "Die Woudties" te skryf. "Die Woudties" is oorspronklik in Engels geskryf en staan in Engels bekend as "The Junglies". Vir meer inligting oor "The Junglies" en Francois besoek asseblief http://www.thejunglies.com of gaan kyk na " The Junglies" se bladsy op FaceBook by www.facebook.com/tigerloseshisstripes.
Die eiland 'n distopiese jeugroman
Par Jen Minkman, Petro Ebersöhn. 2014
"Ek loop aan see toe. Die branders borrel en skuim oor my kaalvoete. Seemeeue skree bokant my kop. Die eindelose…
oppervlakte van die water strek tot aan die horison, watter kant toe ek ookal kyk. "Ons wereldjie is klein... Ons is op ons eie, en ons het net die Krag diep binne-in ons om op staat te maak. "As ek hiervandaan in 'n westelike rigting sou loop, sou ek by 'n versperring kom: die muur. Daaragter is Dwase. Volgens ons voorouers mag ons nie oor die muur klim nie. "Die Dwase glo nie in hulle eie Krag nie. In plaas daarvan glo hulle aan iets buite hierdie wereld, wat hulle gaan red. "Niemand wil met sulke idiote meng nie." Leia woon op die eiland, 'n wereld waar kinders hulle ouers verlaat wanneer hulle tien jaar oud word, om na hulleself om te sien. Oor hierdie eiland is 'n muur gebou waaroor niemand nog ooit geklim het nie. Die Dwase wat aan die ander kant woon, is nie vatbaar vir rede nie. Hulle glo in illusies. Dit is volgens die Boek, al wat die Oostelike Eilandbewoners se voorgeslagte aan hulle nagelaat het. Maar dan spoel 'n vreemde man op die strand uit, en Leia ontmoet 'n Dwaas van aangesig tot aangesig. En haar lewe is nooit weer dieselfde nie. Is dit wat sy en haar vriende omtrent die eiland glo, regtig waar? Of is almal in hulle wereld inderdaad Dwase?
Oupa is hemel toe
Par Amber Richards, Madelyn Coetzee. 2015
Voorwoord aan volwassenes wat vir kinders lees Hierdie e-boek is geskryf van uit 'n Christelike perspektief, wat bedoel word om…
aan jong kinders gelees word, of enige ander ouderdom as die boek hulle kan help om die afsterwe van 'n geliefde te verwerk. Die boek was spesifiek geskryf om 'n slim 2 jarige seuntjie te help wat sy oupa amper elke dag gesien het. Hy het 'n verduideliking nodig gehad waarheen sy oupa gegaan het. Die verbalisering van die verduideliking in 'n boek kan moeilik wees vir verskeie redes: Die konteks is vir jong kinders wat op 'n konkrete wyse dink Die onderwerp is kompleks Dit is belangrik om nie 'n vrees te ontwikkel nie Gevoelens van hartseer moet bekragtig word, terwyl hoop uitgebeeld word Sommige van die besonderhede in hierdie boek is spesifiek vir sy oupa, soos die gebruik van 'n kierie, waarmee die klein seuntjie gespeel het. As jy die boek aan 'n jong kind lees voeg asseblief enige persoonlike besonderhede by sodat die boek meer persoonlik is in elke unieke situasie. Paar voorbeelde volg: Wat het die kind die geliefde genoem? Die konsep kan op toepassing wees van enige geliefde wat afgesterwe het. Wat was die geliefde se liggaamlike beperkings wat hul hemelse liggaam nie sal he nie? Miskien was dit brille, 'n rolstoel, gehoor apparate of iets soort gelyk. Is daar iets uniek en ouderdom-gepas wat jy graag wil byvoeg oor hoe die geliefde dood is Hier is 'n paar voorstelle om die e-boek te gebruik: Lees dit deur en identifiseer areas waar jy dit 'n persoonlike storie kan maak voordat jy dit aan 'n kind lees. Besluit hoe jy hierdie storie gaan gebruik As gevolg van die feit dat die onderwerp kompleks en baie emosioneel is, en dat dit aan 'n kind gelees word, was dit belangrik om die boek kort te hou. Moenie meer informasie aan die kind gee as wat versoek word nie. As volwassenes het ons
Die Woudties bou 'n boomhuis
Par Francois Keyser, Elrika Keyser. 2016
Welkom in die wereld van "Die Woudties" "Die Woudties" is 'n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van…
5 dieremaats. "Die Woudties" boeke is almal geskryf met 'n les vir jong lesers om te leer. Die les in hierdie boek is dat ons soms na ons omstandighede moet kyk van 'n ander oogpunt om dinge meer duidelik te kan sien. In hierdie boek leer die Woudties om hulle blyplek te waardeer. Dit is soms so maklik om te dink die lewe sal beter wees op 'n ander plek , terwyl ons eintlik net ons perspektief moet verander... Francois se oudste dogter was sy inspirasie om "The Junglies" te skryf. "Die Woudties" is oorspronklik in Engels geskryf en staan in Engels bekend as "The Junglies". Vir meer inligting oor "The Junglies" en Francois besoek asseblief http://www.thejunglies.com of gaan kyk na " The Junglies" se bladsy op FaceBook by www.facebook.com/tigerloseshisstripes
Aga verloor sy strepe
Par Francois Keyser, Elrika Keyser. 2016
Welkom in die wereld van "Die Woudties" "Die Woudties" is 'n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van…
5 dieremaats. Elke boek in "Die Woudties" reeks is geskryf met 'n les vir jong lesers om te leer. Die les in hierdie boek is dat ons altyd eerlik moet wees. In hierdie boek verloor Aga, die tier sy strepe- of doen hy? Kuier saam met die dieremaats terwyl hulle na Aga se verlore strepe soek en leer dat dit altyd beter is om die waarheid te praat. Francois se oudste dogter was sy inspirasie om "Die Woudties" te skryf. "Die Woudties" is oorspronklik in Engels geskryf en staan in Engels bekend as "The Junglies". Vir meer inligting oor "The Junglies" en Francois besoek asseblief http://www.thejunglies.com of gaan kyk na " The Junglies" se bladsy op FaceBook by www.facebook.com/tigerloseshisstripes.
Primus AD
Par Mauricio Campos, Billy Clinton. 1977
Die landvorming proses op Mars sou nooit suksesvol gewees het teen die tyd dat dit uitgevoer is as daar geen…
hulp van die robots was nie. Toe die eerste Huŏxīng 3.0-masjiene op Mars aangekom het, het hulle die aanvanklike menslike kolonies gevind. Heeltemal afhanklik van voorrade wat gereeld vanaf die Aarde gebring word. Die masjiene was reeds selfversorgend, geprogrammeer om in die Marsse grond te vind wat hulle nodig het om replikas van hulleself te skep, en boumateriaal vir die kweekhuisgasbedrywe, wat koolstofdioksied in suurstof aangewend het. Elke nuwe skip wat op die rooi planeet aangekom het, het aan die menslike gemeenskap voorsien, 'n nuwe reeks masjiene het aangekom om die proses van landvorming te help. Benewens die Humanoid robots van die werkersklas, het die sowers gekom. Die saaiers was groot springrobotte, wat voordeel getrek het uit die seldsame atmosfeer van die planeet om spoed tot dertig meter hoog in hul voortbeweging uit te voer. Hulle het in hulle boesem 'n kolonie bakterieë gedra wat hulle in die dertiende dale en vlaktes van Mars gekweek en versprei het. Bakterieë wat spesiaal vir hierdie doel ontwikkel is deur aardse genetici, het vinnig gereproduseer en deur fotosintese het koolstofdioksied in suurstof verander.Vir baie jare het hierdie robotte hierdie proses van landvorming voortgesit totdat daar onder wetenskaplikes ooreengekom is dat die water by die Marspole nie sal smelt teen die spoed wat nodig is om 'n omgewing te skep wat bevorderlik is vir menslike lewe nie. Na baie beraadslaging het ons tot die gevolgtrekking gekom dat die beste opsie om water na Mars te bring, sou wees om die yswater tussen die mane en die atmosfeer van Jupiter te trek. Dit sou verskeie missies in hierdie vyandige omgewing inneem, sodat die hoeveelheid water voldoende was. Tegnologiese ontwikkelingsmaatskappye moes masjiene toerus met toenemend komplekse kunsmatige intelligensie prosesse vir hierdie poging om die masjiene vry te stel van afstandmoni
Asiatiese Kort Verhale
Par Various. 2018
Asiatiese Kort Verhale deur Verskeie Outeurs Asiatiese Kort Verhale, deur nege outeurs, het elk ‘n Asiaat of speel af in…
Asië as hoof agtergrond. Asiatiese Kort Verhale het gebeur as gevolg van ‘n reeks gebeure een naweek in Mei 2015. ‘n Vriend het my vertel dat hy verskeie kort stories met Asië as agtergrond het, ek het genoem dat ek ook ‘n paar stories het, nog ‘n vriend het my ‘n epos gestuur dat hy ‘n kort verhaal oor Pattaya wil skryf, en een van my Thai niggies het vir my haar nuutste foto gestuur, die een op die voorblad van die bundel. Dit was asof iemand iets vir my probeer vertel het, of ‘n klomp het in elk geval. Die negentien stories deur nege outeurs in hierdie bundel was almal in een maand na my gestuur, maar verskil net soveel soos hulle outeurs. Die stipulasie was dat Asië of ‘n Asiaat moes sterk na vore kom in die storie. Ons het stories met Kambodja, Sjina, Laos, Maleisië, Pakistan, Thailand, die VSA en Vietnam. Sommige van hierdie outeurs is wel bekende skrywers, sommiges beter bekend in ander sfere, sommiges het al voorheen heelwat geskryf en is gepubliseer in die tradisionele sin, ander reis die Indiese Publisering pad en vir nog ander is dit die heel eerste keer wat jy hul stories sien in enige druk vorm. Jy kan meer lees oor elkeen van die outeurs op die verskeie webwerwe wat gegee word na elke storie. Ek beveel aan dat u die webwerwe besoek want wat jy meer kan uitvind oor die outeurs sal jou dalk verras, dit waarborg ek jou. Asiatiese Kort Verhale deur Verskeie Outeurs Asiatiese Kort Verhale, deur nege outeurs, het elk ‘n Asiaat of speel af in Asië as hoof agtergrond. Asiatiese Kort Verhale het gebeur as gevolg van ‘n reeks gebeure een naweek in Mei 2015. ‘n Vriend het my vertel dat hy verskeie kort stories met Asië as agtergrond het, ek het genoem dat ek ook ‘n paar stories het, nog ‘n vriend het my ‘n epos gestuur dat hy ‘n kort ve
Vroeë lesers: Vlak 1 sigwoord-boek – 7 maklik leesbare stories met sigwoorde
Par Katrina Kahler, Annerie. 2017
As jy jou gr. R- en kleuterskoolkinders wil leer hoe om te lees, dan is hierdie die perfekte boek om…
mee te begin. Die sigwoord-boek beskik oor eenvoudige teks, herhalende woorde en illustrasies om jou kind te help met vooruitskattingsvaardighede en begrip. Dit is uitstekend vir beginner-lesers tussen die ouderdomme van 2 tot 5 jaar. Die boek bestaan uit sewe stories, onder meer: Is jy my maatjie, Is jy ’n monster, Alles oor Kersfeesvader, Wil jy speel, As jy jou hond liefhet, Die lekkerste speelgrond nog en My eerste dag by die kleuterskool. Sigwoord-flitskaarte en aktiwiteite word in hierdie boek verskaf. Die boek is deur ’n professionele opvoedkundige geskryf wat vir die afgelope 30 jaar vir duisende kinders leer hoe om te lees. Jy sal jou kind ’n groot hupstoot gee as jy hierdie boek aankoop. As jy jou gr. R- en kleuterskoolkinders wil leer hoe om te lees, dan is hierdie die perfekte boek om mee te begin. Die sigwoord-boek beskik oor eenvoudige teks, herhalende woorde en illustrasies om jou kind te help met vooruitskattingsvaardighede en begrip. Dit is uitstekend vir beginner-lesers tussen die ouderdomme van 2 tot 5 jaar. Die boek bestaan uit sewe stories, onder meer: Is jy my maatjie, Is jy ’n monster, Alles oor Kersfeesvader, Wil jy speel, As jy jou hond liefhet, Die lekkerste speelgrond nog en My eerste dag by die kleuterskool. Sigwoord-flitskaarte en aktiwiteite word in hierdie boek verskaf. Die boek is deur ’n professionele opvoedkundige geskryf wat vir die afgelope 30 jaar vir duisende kinders leer hoe om te lees. Jy sal jou kind ’n groot hupstoot gee as jy hierdie boek aankoop.