Résultats de recherche de titre
Articles 1 à 20 sur 42

Vorms & Kleure vir Kinders Ingesluit is ses, vyf en agt kante
Par Amber Richards, Liezl Dreyer. 2014
Dankie dat julle vir die jong kinders in julle lewens lees. As ouma en ma, het ek agter gekom ek…
leer kinders van basiese vorms en kleure. Ek is nie seker hoekom ek net daar gestop het nie, maar dit lyk maar soos 'n algemene verskynsel.
Laguns Die Eensame Meermin
Par Dan Alatorre, Petro Ebersohn. 2015
'n Heerlike prenteboek met oulike sketsies. Laguna die Eensame Meermin vertel die verhaal van 'n eensame. jong meermin wat aan…
'n manier moet dink om gestrande seerowers te red. Deur ander te help, maak sy nuwe vriende.Ideaal vir ouers om aan voorskoolse kinders voor te lees, of vir kinders wat 'n bietjie ouer is, om aan hulle ouers voor te lees! Dit sluit voorstelle in vir ouers om lees pret te maak vir hulle kinders.
Die Geheim
Par Katrina Bowlin-Mackenzie, Leonie van der Wath. 2017

Blouen Eiland
Par Katrina Bowlin-Mackenzie, Corlia Jones. 2016
‘n Ras van blou mense woon op ‘n eiland, hulle hou nie van mense van ander kleure nie. Hierdie boek…
leer dat alle mense is die moeite werd om lief te hê. Baie kleurvolle illustrasies.
Dokter Margaret se Seekis
Par Waheed Rabbani, Adri Van Schalkwyk. 2016
Dokter Margaret se seekis, is Boek I van ʼn trilogie van historiese fiksie wat afspeel gedurende die stryd van Indië…
vir vryheid—Azadi—van die Britse Raj. Die boeke weef ʼn verhaal van internasionale intrige, konflik, en aangrypende liefde tussen interessante karakters van daardie era. In 1965 is ʼn seekis van meer as 100 jaar oud, vermoedelik dié van ʼn Amerikaanse dokter, Margaret, ontdek in die stoorkamer van ʼn hospitaal in Delhi. ʼn Ander Amerikaanse dokter, Sharif, wat oorspronklik afkomstig is uit Delhi en op kontrak is by die hospitaal, is toevertrou met die taak om die geheimsinnige vrou se familie op te spoor en die kis aan hul terug te besorg. Sharif spoor Margaret se nageslag in Grimsby, Ontario, Kanada op. Haar dagboeke en ander artefakte, soos die kroon van die Koninkryk van Jhansi, is in die kis gevind. Margaret, gebore in New Jersey uit ʼn Skotse Presbiteriaanse klerklike familie, oorwin geweldige struikelblokke en bereik haar hartsbegeerte in 1850 om een van die eerste Noord-Amerikaanse vroue dokters te word. Sy trou met haar Kanadese neef, Robert, en reis saam met hom om in die Krimoorlog van 1854 te dien. In die Krim kry hul nie net swaar met al die veldslae nie, maar moet ook ander konflikte verduur. Van gebeure wat gelei het tot en na die berugte Charge of the Light Brigade, ontmoet Margaret ʼn Russiese offisier, graaf Nicholai. Die verrassende einde van Boek I laat Margaret in ʼn verknorsing, moet sy wraak neem of moet sy voortgaan met haar reis na Indië. Op die ou end glo sy, sy het die regte besluit gemaak. ******************************************** ******************************************** “[Waheed] se weergawe van die Indiese Rebellie uit ʼn Indiese oogpunt is fassinerend vir die Westerse leser en behoort goed ontvang te word ...” – Ian Walker, skrywer van LOCA
Die Avonture van Knypie Krap en Ramon D'Escargot
Par Dan Alatorre, Petro Ebersöhn. 2015
'n Klein dogtertjie gaan saam met haar gesin strand toe waar sy vriende maak met 'n krappie en sy maats.…
Alles gaan goed totdat 'n klein vreemdeling na 'n storm op die strand uitspoel en sy besluit om saam met haar vriende te probeer om hom weer terug te kry by sy huis - in Frankryk! Geniet hierdie volkleur, geïllustreerde kinderboek saam met jou kind! Ideaal om vir jou kleuter voor te lees, of vir die wat bietjie ouer is om vir jou te lees!
Destiny En Faith gaan na die Tweelingsentrum Akademie
Par Teddy Rose O'Malley, Liezl Dreyer. 2015
Destiny en Faith gaan na graad twee in 'n skool vir tweelinge. Hulle maak vyande en vriende en hulle moet…
instaan waar vriende uitval. Dit is egter die minste van hulle probleme. Toe die hoof 'n plan het om al die tweelinge te dwing om dieselfde aan te trek, het Destiny en Faith op hulle regte gestaan. Daar gaan moeilikheid wees - dubbeld.
'n Feë verhaal
Par Katrina Bowlin-Mackenzie, Liezl Dreyer. 2015

Oupa is hemel toe
Par Amber Richards, Madelyn Coetzee. 2015
Voorwoord aan volwassenes wat vir kinders lees Hierdie e-boek is geskryf van uit 'n Christelike perspektief, wat bedoel word om…
aan jong kinders gelees word, of enige ander ouderdom as die boek hulle kan help om die afsterwe van 'n geliefde te verwerk. Die boek was spesifiek geskryf om 'n slim 2 jarige seuntjie te help wat sy oupa amper elke dag gesien het. Hy het 'n verduideliking nodig gehad waarheen sy oupa gegaan het. Die verbalisering van die verduideliking in 'n boek kan moeilik wees vir verskeie redes: Die konteks is vir jong kinders wat op 'n konkrete wyse dink Die onderwerp is kompleks Dit is belangrik om nie 'n vrees te ontwikkel nie Gevoelens van hartseer moet bekragtig word, terwyl hoop uitgebeeld word Sommige van die besonderhede in hierdie boek is spesifiek vir sy oupa, soos die gebruik van 'n kierie, waarmee die klein seuntjie gespeel het. As jy die boek aan 'n jong kind lees voeg asseblief enige persoonlike besonderhede by sodat die boek meer persoonlik is in elke unieke situasie. Paar voorbeelde volg: Wat het die kind die geliefde genoem? Die konsep kan op toepassing wees van enige geliefde wat afgesterwe het. Wat was die geliefde se liggaamlike beperkings wat hul hemelse liggaam nie sal he nie? Miskien was dit brille, 'n rolstoel, gehoor apparate of iets soort gelyk. Is daar iets uniek en ouderdom-gepas wat jy graag wil byvoeg oor hoe die geliefde dood is Hier is 'n paar voorstelle om die e-boek te gebruik: Lees dit deur en identifiseer areas waar jy dit 'n persoonlike storie kan maak voordat jy dit aan 'n kind lees. Besluit hoe jy hierdie storie gaan gebruik As gevolg van die feit dat die onderwerp kompleks en baie emosioneel is, en dat dit aan 'n kind gelees word, was dit belangrik om die boek kort te hou. Moenie meer informasie aan die kind gee as wat versoek word nie. As volwassenes het ons
Die Golwe
Par Jen Minkman, Petro Ebersohn. 2014
My eerste herinnering aan my oupa is van 'n oomblik wat ons gedeel het. Ek sit op sy knie en…
kyk uit oor die hawe. Oupa rook 'n pyp. "Kyk, Walt, daar is ons skepe. En eendag gaan daar een wat selfs mooier is, op die horison verskyn. 'n Magtige skip wat ons almal gaan kom haal." "Waarheen, Oupa?" vra ek nuuskierig. Hy bly stil. "Niemand weet presies nie," sê hy uiteindelik. "Maar dit maak nie dat dit minder fantasties is nie. Eendag gaan daardie skip inkom. En Annabelle sal op die voordek staan met ope arms om ons aanboord te verwelkom." Die godin met die swart hare wat in die wind waai, soos uitgebeeld teen die grootste muur in ons tempel. "Hoekom vaar ons nie self na haar toe nie?" wil ek weet. "Omdat sy belowe het sy sal kom," antwoord Oupa. "En ons maak staat op daardie belofte. Dit is net die Ongelowiges wat dink hulle kan alles self doen. Hulle glo glad nie in die godin nie." Walt woon in Hoophawe, 'n eilandgemeenskap wat hulle vertroue plaas in redding van die anderkant van die see af. Die dorpsmense wag geduldig, bou skepe om uit te vaar om hulle godin te verwelkom, en besoek elke week vroom die tempel. Gruwelstories omtrent die Ongelowiges wat aan die anderkant van Tresco woon, word vertel om hulle kinders bang te maak. Maar alles is nie soos dit lyk nie. Walt het vrae wat niemand kan beantwoord nie, en wanneer sy beste vriend en neef, Yorrick, in 'n ongeluk sterf, grawe hy dieper om die waarheid uit te vind omtrent die oorsprong van die Hoophawegemeenskap... en die geheime van die tempel. Keer terug na die wêreld van Die Eiland, en ontdek hoe Walt se lewe was voor en nadat hy Leia ontmoet het!
Geagte Skrywer
Par Matthew W. Grant, Petro Ebersohn. 2014
Wees 'n getuie van hoe James Walek tot raserny gedryf word wanneer hy as gevolg van 'n huwelik wat besig…
is om op die rotse te loop en 'n skryfloopbaan wat tot stilstand gekom het, deur een te veel van daardie beledigende "Geagte Skrywer"-briewe van afkeur van 'n uitgewer, oor die rand van wanhoop gestoot word.
Die Prinses En Die Dolfyn
Par Dan Alatorre, Petro Ebersohn. 2015
"Die Prinses en die Dolfyn" is 'n vermaaklike prenteboekie met oulike sketsies vir kinders. Dit vertel die storie van 'n…
pragtige, klein prinsessie met 'n baie spesiale opgestopte diertjie wat sy iewers in die kasteel laat wegraak. Met behulp van haar ouers (die koning en koningin) en die gesin se hond, sit hulle 'n soektog op tou daarna.Kinders geniet 'n prettige bangmaakstorie terwyl hulle ontdek dat volharding, vindingrykheid en samewerking belangrik is. 'n Klein prinsessie in jou huis mag dalk 'n ding of twee leer oor speelgoed wat gebêre moet word, en miskien iets oor verantwoordelikheid ook!'n Goeie storie vir ouers om aan hulle voorskoolse kinders voor te lees, of vir kinders wat 'n bietjie ouer is om vir hulle ouers te lees!
Aga verloor sy strepe
Par Francois Keyser, Elrika Keyser. 2016
Welkom in die wereld van "Die Woudties" "Die Woudties" is 'n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van…
5 dieremaats. Elke boek in "Die Woudties" reeks is geskryf met 'n les vir jong lesers om te leer. Die les in hierdie boek is dat ons altyd eerlik moet wees. In hierdie boek verloor Aga, die tier sy strepe- of doen hy? Kuier saam met die dieremaats terwyl hulle na Aga se verlore strepe soek en leer dat dit altyd beter is om die waarheid te praat. Francois se oudste dogter was sy inspirasie om "Die Woudties" te skryf. "Die Woudties" is oorspronklik in Engels geskryf en staan in Engels bekend as "The Junglies". Vir meer inligting oor "The Junglies" en Francois besoek asseblief http://www.thejunglies.com of gaan kyk na " The Junglies" se bladsy op FaceBook by www.facebook.com/tigerloseshisstripes.
Dokter Margaret in Delhi
Par Waheed Rabbani, Adri Van Schalkwyk. 2017
Dokter Margaret reis alleen na Indië om by haar ouers by die Amerikaanse Presbiteriaanse Sendingstasie in Futtehgurh te wees en…
dan na haar pos by ‘n hospitaal in Delhi. Daar moet sy nie net werkdruk oorkom nie, maar ook met haar intimideerders en intriges van die Mughals, by die Delhi Rooi Fort deel. Margaret se martelaar sedert haar kinderjare, Kaptein Albert, sluit ook aan by ‘n Britse regiment wat vir diens in Indië gebasseer is. Die Rus, Kaptein Graaf Nicholai, wie Margaret in die Krim ontmoet het, arriveer ook in Indië onder die dekmantel van ‘n Franse dokter. Die gebeure wat tot die Indiese Muitery/Rebellie gelei het en uitgebreek het in 1857, het nie net ‘n baie groot invloed op Margaret se lewe nie, maar ook op diegene wat haar liefhet en ander wat haar skade wil berokken. Ook deurmekaar in die warboel is een van die Koning van Delhi, Shah Zafar se Rooi Fort Wagte, sepoy Sharif Khan Bhadur, die oupa van Dokter Wallidad, ‘n Amerikaanse dokter. Die Azadi Reeks dek die opwindende gebeure en onrus wat Indië deurvleg het van 1857 tot 1947 en tot haar onafhanklikheid gelei het. Daardie voorvalle verswelg die karakters van hierdie storie op daardie tydstip en later hul afstammelinge se lewens weer in die 1960’s.
Dokter Margaret in Delhi
Par Waheed Rabbani, Adri Schalkwyk. 2017
Dokter Margaret reis alleen na Indië om by haar ouers by die Amerikaanse Presbiteriaanse Sendingstasie in Futtehgurh te wees en…
dan na haar pos by ‘n hospitaal in Delhi. Daar moet sy nie net werkdruk oorkom nie, maar ook met haar intimideerders en intriges van die Mughals, by die Delhi Rooi Fort deel. Margaret se martelaar sedert haar kinderjare, Kaptein Albert, sluit ook aan by ‘n Britse regiment wat vir diens in Indië gebasseer is. Die Rus, Kaptein Graaf Nicholai, wie Margaret in die Krim ontmoet het, arriveer ook in Indië onder die dekmantel van ‘n Franse dokter. Die gebeure wat tot die Indiese Muitery/Rebellie gelei het en uitgebreek het in 1857, het nie net ‘n baie groot invloed op Margaret se lewe nie, maar ook op diegene wat haar liefhet en ander wat haar skade wil berokken. Ook deurmekaar in die warboel is een van die Koning van Delhi, Shah Zafar se Rooi Fort Wagte, sepoy Sharif Khan Bhadur, die oupa van Dokter Wallidad, ‘n Amerikaanse dokter. Die Azadi Reeks dek die opwindende gebeure en onrus wat Indië deurvleg het van 1857 tot 1947 en tot haar onafhanklikheid gelei het. Daardie voorvalle verswelg die karakters van hierdie storie op daardie tydstip en later hul afstammelinge se lewens weer in die 1960’s.
Oupa is hemel toe
Par Amber Richards, Madelyn Coetzee. 2015
Voorwoord aan volwassenes wat vir kinders lees Hierdie e-boek is geskryf van uit 'n Christelike perspektief, wat bedoel word om…
aan jong kinders gelees word, of enige ander ouderdom as die boek hulle kan help om die afsterwe van 'n geliefde te verwerk. Die boek was spesifiek geskryf om 'n slim 2 jarige seuntjie te help wat sy oupa amper elke dag gesien het. Hy het 'n verduideliking nodig gehad waarheen sy oupa gegaan het. Die verbalisering van die verduideliking in 'n boek kan moeilik wees vir verskeie redes: Die konteks is vir jong kinders wat op 'n konkrete wyse dink Die onderwerp is kompleks Dit is belangrik om nie 'n vrees te ontwikkel nie Gevoelens van hartseer moet bekragtig word, terwyl hoop uitgebeeld word Sommige van die besonderhede in hierdie boek is spesifiek vir sy oupa, soos die gebruik van 'n kierie, waarmee die klein seuntjie gespeel het. As jy die boek aan 'n jong kind lees voeg asseblief enige persoonlike besonderhede by sodat die boek meer persoonlik is in elke unieke situasie. Paar voorbeelde volg: Wat het die kind die geliefde genoem? Die konsep kan op toepassing wees van enige geliefde wat afgesterwe het. Wat was die geliefde se liggaamlike beperkings wat hul hemelse liggaam nie sal he nie? Miskien was dit brille, 'n rolstoel, gehoor apparate of iets soort gelyk. Is daar iets uniek en ouderdom-gepas wat jy graag wil byvoeg oor hoe die geliefde dood is Hier is 'n paar voorstelle om die e-boek te gebruik: Lees dit deur en identifiseer areas waar jy dit 'n persoonlike storie kan maak voordat jy dit aan 'n kind lees. Besluit hoe jy hierdie storie gaan gebruik As gevolg van die feit dat die onderwerp kompleks en baie emosioneel is, en dat dit aan 'n kind gelees word, was dit belangrik om die boek kort te hou. Moenie meer informasie aan die kind gee as wat versoek word nie. As volwassenes het ons
Die Woudties bou 'n boomhuis
Par Francois Keyser, Elrika Keyser. 2016
Welkom in die wereld van "Die Woudties" "Die Woudties" is 'n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van…
5 dieremaats. "Die Woudties" boeke is almal geskryf met 'n les vir jong lesers om te leer. Die les in hierdie boek is dat ons soms na ons omstandighede moet kyk van 'n ander oogpunt om dinge meer duidelik te kan sien. In hierdie boek leer die Woudties om hulle blyplek te waardeer. Dit is soms so maklik om te dink die lewe sal beter wees op 'n ander plek , terwyl ons eintlik net ons perspektief moet verander... Francois se oudste dogter was sy inspirasie om "The Junglies" te skryf. "Die Woudties" is oorspronklik in Engels geskryf en staan in Engels bekend as "The Junglies". Vir meer inligting oor "The Junglies" en Francois besoek asseblief http://www.thejunglies.com of gaan kyk na " The Junglies" se bladsy op FaceBook by www.facebook.com/tigerloseshisstripes
Aga verloor sy strepe
Par Francois Keyser, Elrika Keyser. 2016
Welkom in die wereld van "Die Woudties" "Die Woudties" is 'n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van…
5 dieremaats. Elke boek in "Die Woudties" reeks is geskryf met 'n les vir jong lesers om te leer. Die les in hierdie boek is dat ons altyd eerlik moet wees. In hierdie boek verloor Aga, die tier sy strepe- of doen hy? Kuier saam met die dieremaats terwyl hulle na Aga se verlore strepe soek en leer dat dit altyd beter is om die waarheid te praat. Francois se oudste dogter was sy inspirasie om "Die Woudties" te skryf. "Die Woudties" is oorspronklik in Engels geskryf en staan in Engels bekend as "The Junglies". Vir meer inligting oor "The Junglies" en Francois besoek asseblief http://www.thejunglies.com of gaan kyk na " The Junglies" se bladsy op FaceBook by www.facebook.com/tigerloseshisstripes.
Asiatiese Kort Verhale
Par Various. 2018
Asiatiese Kort Verhale deur Verskeie Outeurs Asiatiese Kort Verhale, deur nege outeurs, het elk ‘n Asiaat of speel af in…
Asië as hoof agtergrond. Asiatiese Kort Verhale het gebeur as gevolg van ‘n reeks gebeure een naweek in Mei 2015. ‘n Vriend het my vertel dat hy verskeie kort stories met Asië as agtergrond het, ek het genoem dat ek ook ‘n paar stories het, nog ‘n vriend het my ‘n epos gestuur dat hy ‘n kort verhaal oor Pattaya wil skryf, en een van my Thai niggies het vir my haar nuutste foto gestuur, die een op die voorblad van die bundel. Dit was asof iemand iets vir my probeer vertel het, of ‘n klomp het in elk geval. Die negentien stories deur nege outeurs in hierdie bundel was almal in een maand na my gestuur, maar verskil net soveel soos hulle outeurs. Die stipulasie was dat Asië of ‘n Asiaat moes sterk na vore kom in die storie. Ons het stories met Kambodja, Sjina, Laos, Maleisië, Pakistan, Thailand, die VSA en Vietnam. Sommige van hierdie outeurs is wel bekende skrywers, sommiges beter bekend in ander sfere, sommiges het al voorheen heelwat geskryf en is gepubliseer in die tradisionele sin, ander reis die Indiese Publisering pad en vir nog ander is dit die heel eerste keer wat jy hul stories sien in enige druk vorm. Jy kan meer lees oor elkeen van die outeurs op die verskeie webwerwe wat gegee word na elke storie. Ek beveel aan dat u die webwerwe besoek want wat jy meer kan uitvind oor die outeurs sal jou dalk verras, dit waarborg ek jou. Asiatiese Kort Verhale deur Verskeie Outeurs Asiatiese Kort Verhale, deur nege outeurs, het elk ‘n Asiaat of speel af in Asië as hoof agtergrond. Asiatiese Kort Verhale het gebeur as gevolg van ‘n reeks gebeure een naweek in Mei 2015. ‘n Vriend het my vertel dat hy verskeie kort stories met Asië as agtergrond het, ek het genoem dat ek ook ‘n paar stories het, nog ‘n vriend het my ‘n epos gestuur dat hy ‘n kort ve
Die Raaisel van die Gesiglose Bruid
Par Pennie Mae Cartawick. 2019
Die bruid het geen verlepte rose vasgehou nie, maar haar trourok was geskeur en verbrand. Haar kaal bene yskoud, wiegend…
en onvas. Die sluier het laag oor haar gesig gehang. Ek het my pistool by my gehad, maar ek kon nie skiet nie. As dit 'n spook was sou die koeël sekerlik dwarsdeur gegaan het, maar as dit ‘n mens was, dan sou ek ‘n dooie vrou skiet. Haar hande, die naels lank en gebreek, het die sluier opgelig gehou. Haar gesig! Selfs in die donkerte kon ek sien hoe vermink dit was. Die oë is uit hulle kaste geruk, die neus ingedruk; al wat oorgebly het was die mond. Dun, sagte lippe wat oop was om bruin afgebreekte tande te wys.