Résultats de recherche de titre
Articles 1 à 6 sur 6
Aangaande Astrid
Par Zelna Naude, Jean-Marie Kassab. 2018
Geskryf in die eerste persoon, praat die roman oor die ontmoeting tussen die verteller, Francis en 'n vreemdeling, 'n vrou…
wat Astrid genoem word, op 'n strand. Francis is 'n desperate, onlangse bankrot biljoenêr wat kontak met sy familie verloor het, juis omdat hy daarna streef om ryk te word. Hy ondergaan deur die verhaal 'n persoonlike ontleding van sy geleidelike transformasie in 'n wrede werkalkoholis net om onbewustelik 'n ernstige pa te wees. Hy praat regdeur die roman duidelik oor sy angstig soeke na geluk wat hy tot dusver nie kon vind nie. Astrid, deur middel van sensitiewe en slim dialoog, help hom om sy hartseer te oorkom en om vreugde te vind op plekke waar hy nooit gesoek het nie. Francis word geleidelik verras deur die uiterste wysheid van hierdie vrou en haar aansteeklike "Joie-de-vivre" en eers in die laaste paar bladsye, weet hy dat sy 'n weduwee is, 'n weeskind, en dat sy haar oë verloor het in 'n ongeluk, en tog is sy gelukkig, ten spyte van haar beproewing. Francis se probleme word skielik futiel. Die boek eindig met 2 briewe, een van Astrid aan Francis gestuur om hom in te lig dat sy haar sig herstel het, danksy 'n onbekende kornea-skenker. Die tweede brief word deur Doris, Francis se vrou, aan Astrid gestuur om haar te vertel dat Francis oorlede is aan 'n hartaanval, maar dat hy "gelukkig" gesterf het, danksy haar hulp daardie dag op die strand, en dat hy [Francis] die onbekende skenker is. Samevattend het Astrid hom gehelp om te sien wat hy nie vir homself kon sien nie. Hy bedank haar deur sy kornea te skenk.Die Avonture van die Lone Jack Kêrel – Die Terugkoms (Boek #2)
Par Joe Corso. 2018
Toekenning: Truewest Magazine – Beste van die Weste 2016 – Westerse Boeke – Self Gepubliseerde Kategorie. Charles Longstreet se Broadway…
toneel het geëindig na ‘n jaar en hy wou die aktrise iets gee om hom te onthou. Nadat die beroemde aktrise haar geskenk ontvang het kyk sy na haar vriendin. “Jy weet, Olga, sommige mans het goedheid wat uit hulle straal en Charles Longstreet, al is hy nie bewus daarvan nie, is een van hulle.” Charlie word gestruikroof op die wandelpad deur drie mans wat hom skiet en los vir die dood. Noudat hy weer gesond is volg hy die ou verlate Butterfield Overland Koetspad en Charlie volg die mans tot in El Paso. Cora wat Charlie amper vermoor gekry het oor haar nuuskierigheid, staan op die sypaadjie voor haar winkel. Hy ry verby haar asof sy nie bestaan nie. As gevolg van haar onvolwassenheid het dalk nou die man van haar drome verloor. Nou is dit te laat om enigiets daaromtrent te doen behalwe om te waai terwyl hy stadig verby ry en om te dink aan dit wat kon gewees het. Ned het die rook weggeblaas van sy geweerloop en na die kroegman gedraai. “Hy is die Lone Jack Kêrel, en as hierdie vente hom net uitgelos het, het hulle nog geleef.” Hoekom ry ‘n gewonde Indiaan saam met Charles Longstreet en hoekom dra Charlie ‘n Maarskalk Kenteken? En hoekom laat President Grant hom na die Withuis kom? Hierdie is die tartende vrae wat beantwoord word sover as wat die leser die Lone Jack Kêrel in sy nuutste avontuur volg op die wandelpad wes na Kalifornië.Die Raaisel van die Gesiglose Bruid
Par Pennie Mae Cartawick. 2019
Die bruid het geen verlepte rose vasgehou nie, maar haar trourok was geskeur en verbrand. Haar kaal bene yskoud, wiegend…
en onvas. Die sluier het laag oor haar gesig gehang. Ek het my pistool by my gehad, maar ek kon nie skiet nie. As dit 'n spook was sou die koeël sekerlik dwarsdeur gegaan het, maar as dit ‘n mens was, dan sou ek ‘n dooie vrou skiet. Haar hande, die naels lank en gebreek, het die sluier opgelig gehou. Haar gesig! Selfs in die donkerte kon ek sien hoe vermink dit was. Die oë is uit hulle kaste geruk, die neus ingedruk; al wat oorgebly het was die mond. Dun, sagte lippe wat oop was om bruin afgebreekte tande te wys.Die Avonture van die Lone Jack Kêrel: Die Buffel Jag
Par Joe Corso. 2020
Die Lone Jack Kêrel is terug! Maar hierdie keer is hy saam met sy bloedbroer, Wilde Arend, Hoofman van die…
Kaw Indiane aan die ry op die vergete Butterfield Oorland Koets Roete deur gevaarlike stam gebiede. Al is hulle bewus van verskuilde vyandige Indiane en moorddadige struikrowers wat wag vir 'n geleentheid om niksvermoedende reisigers te roof en vermoor, besluit die twee om die verraderlike tog op die ou verlate roete deur Texas na Kalifornië te neem... maar op pad daarheen moet hulle 'n belangrike draai maak in El Paso. President Grant het gevra dat die Lone Jack Kêrel die Groothertog Alexis in San Diego ontmoet en die jong Russiese edelman vergesel na Nebraska om saam met Generaals Sheridan en Custer, en Buffel Bill Cody deel te neem aan 'n groot buffel jag. Die Lone Jack Kêrel en Wilde Arend se reis neem hulle weswaarts - deur onbekende Indiaanse Grondgebied waar hulle langs die pad kamp in verwaarloosde tent dorpe na Kalifornië waar hulle ware avontuur begin ... Lees verder en volg die bekroonde reeks na sy opwindende slot!Moby Leviatan Dick: Die Gesoekte Beesjaer en Banneling
Par Wakii Reeder, Buckshot Billy. 2020
Hierdie storie neem Melville se Moby Dick en pas dit aan tot ‘n Westerse Beesjaer boek. Dit is ‘n definitiewe…
verhaal van wraak, Ahab jag die verbande krimineel, Moby Levviatan Dick. U sal mal wees oor hierdie seevarende klassieke storie wat nou aangaan op droë grond. ‘n Besprekings gids is ingesluit in die hierdie boek.Die Avonture van die Lone Jack Kêrel
Par Joe Corso, Marlette Taljaard. 2017
Agterblad Beskrywing (Back Page Blurp) “Deur die skrywer van The Starlight Club wat Silwer gewen het in die 2012 eLit…
boek wedstryd” Dit was oorlogstyd en manne het geleef en gesterf in gevegte teen hul vyand ... en somtyds het hulle gesterf in geveg teen mekaar. Cole het na die manne gekyk, sy hand opgelig en in ‘n stem hard genoeg vir almal om te hoor gesê, “Moenie dit doen nie, ouens. Sturman was ‘n geel brak, en ‘n droster, en julle hoef nie te sterf om sy soort te probeer wreek nie.” Daar was sewe Indiane en hulle het rondom twee semi-naak wit vroue, wat gelyk het soos ma en dogter, gestaan. Charlie het sy asem diep ingetrek en stadig uitgeblaas. Toe het hy gemik - - en gevuur, en gevuur, en weer gevuur, herhalend. Hy het vier van die Indiane platgetrek voor hulle geweet het wat hulle getref het. Toe het hy die oopte ingestorm en nog ‘n Indiaan geskiet wat vir sy geweer gereik het. “My naam is Charles Longstreet.” Die mans het na mekaar gekyk toe hulle hom erken. “Jy is die Lone Jack Kêrel?” Die Kêrel het geglimlag. “Die een en enigste.” Hy het sy hoed afgehaal en dit in die lug geswaai, toe gee hy die Rebelle skreeu. “Sien julle geld rowers in hel, manne.” Hy het die teuels gepluk en Comet met sy hakke in die lieste gedruk. Sy het haar kop gedraai en in die borrelende stroom ingespring met water so hoog soos die stiebeuels en het oorgenael, met die water al spattend in die lug om haar. Dit was nogal ‘n indrukwekkende vertoning van ruiterkuns, en die tol kollekteerders het met wrokkige admirasie toegekyk. Deel in die pret. Ry saam met Jesse en Frank James en die Younger broers terwyl hulle deel in die avonture van Die Lone Jack Kêrel. Lone Jack Kid het twee pryse gewen naamlik: Finalis van die 2012 Leser’s Gunsteling boek wedstryd & Finalis van die 2014 Laramie Toekennings boek wedstryd