Résultats de recherche de titre
Articles 1 à 2 sur 2
Bekoorde Lewe in Ceylon: 1953 - 1963
Par Tony Buxton. 1931
DAISY texte (Téléchargement direct), DAISY texte (Zip), Word (Zip), ePub (Zip)
Politique et gouvernement (biographies), Biographies
Audio avec voix de synthèse
Die skrywer se fassinerende avonture in die vroeë 50’s, beskryf ‘n avontuurlike lewenswyse waaroor die meeste van ons droom, maar…
wat vandag onmoontlik sal wees. Gebore in Colombo (Sri Lanka) in 1931. Hy het sy kinderlewe in Engeland deurgebring en het hy na die oorlog teruggekeer na Ceylon om in die familie besigheid te werk wat deur sy oupa begin is. Nie die gewone koloniale tipe waarvan daar verwag was om nie met die plaaslike mense te meng of om na hul klubs te gaan nie, het Tony die teenoorgestelde gedoen teen alle reëls in. Tony het die geselskap van die Ceylonese verkies . Dit het tot gevolg gehad dat hy baie vriende gemaak het insluitende bekende politikuste . Hy het ‘n passie vir onderwater verkenning gekweek in ‘n tyd toe die sport maar nog net begin het, voor daar SCUBA was. Hy het sy werk en loopbaan opgegee om op spiesvisvang, krewe, garnale en krappe te oorleef, akwarium visse te vang en in die woude te jag. Hy het homself as ‘n onderwater toergids gevestig wat bekende en ryk mense gelok het. Deur sy dienste verniet aan te bied het hulle hom terug betaal deur hom na hulle huise in Europa te nooi waar hy ‘n lewe beleef het wat hy nie eers geweet het bestaan nie. Gedurende hierdie reise trou hy met drie van sy vier vroue, twee Skandinawiese modelle en ‘n Italiaanse aktrise, aangetrokke tot sy lewenswyse, maar nie een van hulle kon in Ceylon aanpas nie. Die magtige Minister van Toerisme, ‘n duiker homself, stel Tony aan om onderwater toerisme te bevorder. Hulle word hegte vriende en hy raak betrokke in politike intriges. Selfs met geen geld lewe hy gelukkig deur vis te ruil vir basiese behoeftes. Op en af tussen luukse en gewone leefstyle was hy die eerste person om in die Maldives en suid Indië te duik, waar hy ‘n sensasie veroorsaak. Hierdie is ‘n aangrypende verhaal van nie so lank gelede in ‘n unieke Suid-Oostelike Asiatiese land – Ceylon, voor dit ingesluk was deur politieke onrus,Nooit Weer Nie!
Par Gabriël Agbo. 2020
DAISY texte (Téléchargement direct), DAISY texte (Zip), Word (Zip), ePub (Zip)
Psychologie, Religion
Audio avec voix de synthèse
"Die Here sê: “Ek sal herstel wat julle deur die stropersprinkane, die snysprinkane, die swermsprinkane en die jong sprinkane verloor…
het. Ek het hierdie groot, vernietigende leër teen julle gestuur. “Julle sal weer al die kos kry wat julle begeer. Julle sal die Here julle God loof wat hierdie wonders vir julle moontlik maak. My volk sal nooit weer so in die skande kom nie. Julle sal weet dat Ek onder my volk Israel teenwoordig is. Net Ek is die Here julle God, niemand anders nie! My volk sal nooit weer so in die skande kom nie.” Joël 2: 25-27 Dit is tyd om die dinge wat jou wil stop, te stop, Dit is God se wil om alles te stop wat jou van Sy plan vir jou lewe wil verwyder. En jy weet alreeds dat Sy plan vir jou is om die beste van vreugde, vrede, voorspoed, genade, goeie gesondheid en om al jou eiendom te besit. Selfs as jy onder oordeel staan, kan dit omgedraai word vandag en jy kan weer begin om in Sy genade te swem. Ons kyk ook na ander se ondervindings en die moderne Israel se weergawe van Nooit Weer nie. Hoekom hulle hierdie slagspreuk aangeneem het en hoe vêr hulle gekom het om dit toe te pas? Sekerlik, Israel het vandag een van die mees magtigste nasies op aarde geword, (Dit het die beste intelligensie agentskap, Mossad en die derde beste weermag in die wêreld) nie net omdat God met hulle is nie, maar omdat hulle belowe het om nooit weer toe te laat dat die Jode weer deur daardie mees onmenslik, vermybare gebeurtenis van die laaste eeu. Vandag lei hulle nie net in verdediging nie maar ook in landbou, ICT, wetenskap en medisyne. Ja, ons kan vandag sê nooit weer nie. Hierdie boek is verseker 'n interessante lees.