Résultats de recherche de titre
Articles 1 à 3 sur 3

Breek familievloeke: Eis jou vryheid
Par Gabriel Agbo, Mignionette Fair. 2017
DAISY texte (Téléchargement direct), DAISY texte (Zip), Word (Zip), ePub (Zip)
Histoire, Religion
Hierdie boek sal jou oë oopmaak vir die gevolge van al ons aksies om ons bestemming en dié van ons…
kinders; selfs dié wat nog ongebore is. Die onderwerp van vloeke is lank reeds afgeskeep, en ons het nodig om uit te vind om dit hier te ontbloot. Ons begin deur te gaan na die skrifte om presies te weet wat God sê oor vloeke, hoe hulle werk, en hoe ons heeltemal vry van hulle kan wees. Familievloeke is so belangrik dat God hulle ingesluit het by die Tien Gebooie. So baie mense is gebind deur die vyand met onsigbare en anonieme instrumente van slawerny. In hierdie studie sal ons leer hoe om hierdie kettings wat afkomstig is van die vyand te breek. Ons verken gebiede soos afgodery (insluitend Halloween), onsedelikheid, verraad, steel, moord, ens. in diepte Ek glo dat as jy hierdie boek lees en die waarhede verken sal daar nog baie roeringe in jou wees om jouself te ondersoek en 'n daadwerklike poging maak om 'n heilige lewe te lei, al dan nie vir jouself nie, ten minste ter wille van jou kinders en die ongebore geslagte.
DAISY texte (Téléchargement direct), DAISY texte (Zip), Word (Zip), ePub (Zip)
Phénomènes paranormaux
Audio avec voix de synthèse
'n Aand in Tussenwêreld Die Storie van William Jones se Amper-Dood Ervaring William Jones, ‘n skaap boer in die Brecon…
Beacons, het ‘n gelukkige lewe gelei totdat sy vrou, Sarah, jonk oorlede is. Dit hom verpletter en het hom blykbaar op die pad van self-vernietiging gehad. Sy dogter, Becky, het probeer help, maar selfs sy het begin geduld verloor met haar pa. Een aand was hy seker hy het gesterf en is gered uit sy ellende, maar dit was nie so nie. Hy het herstel. Maar sy lewe sou nooit weer dieselfde wees nie. Hy het die Tussenwêreld ontdek waar sy vrou gebly het en het ‘n nuwe vitaliteit ontdek wat sy lewe verander het en die van almal met wie hy in kontak gekom het. ‘n Aand in Tussenwêreld is ‘n liefdes verhaal wat strek oor die grootste kloof – tussen lewe en dood; ‘n kykie na ‘n amper-dood ervaring en ‘n nuwe uitkyk aangaande die mitologiese Walliese Hemel wat bekend staan as Tussenwêreld. Wees voorbereid om ‘n anderkant van die Walliese Keltiese mitologie te sien maar jy sal nooit weer oor die dood dink in enige ander manier nie. Dit waarborg ek jou!
God van Abraham, Isak en Jakob
Par Gabriel Agbo, Mignionette Fair. 2016
DAISY texte (Téléchargement direct), DAISY texte (Zip), ePub (Zip), Word (Zip)
Histoire, Religion
God se verbondsbeloftes stel nooit teleur nie. Hierdie boek sal jou help om al God se beloftes vir jou lewe…
te bereik. Dit is ʼn omvattende studie met persoonlike getuienisse oor die vermoë en gewilligheid van God om al Sy woorde rakend ons uit te voer. Hy het gesê Hy waak oor Sy woorde om hulle te laatgeskied. In hierdie boekkyk ons krities na die dinamika van ʼn goddelike belofte en hoe dit tot stand kom, in stand gehou en versorg word tot verwerkliking. Elke verbondsbelofte het ʼn begin, tydsberekening en voorwaardes. Ons moet dit altyd onthou om in staat te wees om perfek en gemaklik by God se wil vir ons lewens in te skakel. Inderdaad, by God is alles moontlik!