Résultats de recherche de titre
Articles 1 à 19 sur 19

Vorms & Kleure vir Kinders Ingesluit is ses, vyf en agt kante
Par Amber Richards, Liezl Dreyer. 2014
Dankie dat julle vir die jong kinders in julle lewens lees. As ouma en ma, het ek agter gekom ek…
leer kinders van basiese vorms en kleure. Ek is nie seker hoekom ek net daar gestop het nie, maar dit lyk maar soos 'n algemene verskynsel.
Die Avonture van Knypie Krap en Ramon D'Escargot
Par Dan Alatorre, Petro Ebersöhn. 2015
'n Klein dogtertjie gaan saam met haar gesin strand toe waar sy vriende maak met 'n krappie en sy maats.…
Alles gaan goed totdat 'n klein vreemdeling na 'n storm op die strand uitspoel en sy besluit om saam met haar vriende te probeer om hom weer terug te kry by sy huis - in Frankryk! Geniet hierdie volkleur, geïllustreerde kinderboek saam met jou kind! Ideaal om vir jou kleuter voor te lees, of vir die wat bietjie ouer is om vir jou te lees!
Oupa is hemel toe
Par Amber Richards, Madelyn Coetzee. 2015
Voorwoord aan volwassenes wat vir kinders lees Hierdie e-boek is geskryf van uit 'n Christelike perspektief, wat bedoel word om…
aan jong kinders gelees word, of enige ander ouderdom as die boek hulle kan help om die afsterwe van 'n geliefde te verwerk. Die boek was spesifiek geskryf om 'n slim 2 jarige seuntjie te help wat sy oupa amper elke dag gesien het. Hy het 'n verduideliking nodig gehad waarheen sy oupa gegaan het. Die verbalisering van die verduideliking in 'n boek kan moeilik wees vir verskeie redes: Die konteks is vir jong kinders wat op 'n konkrete wyse dink Die onderwerp is kompleks Dit is belangrik om nie 'n vrees te ontwikkel nie Gevoelens van hartseer moet bekragtig word, terwyl hoop uitgebeeld word Sommige van die besonderhede in hierdie boek is spesifiek vir sy oupa, soos die gebruik van 'n kierie, waarmee die klein seuntjie gespeel het. As jy die boek aan 'n jong kind lees voeg asseblief enige persoonlike besonderhede by sodat die boek meer persoonlik is in elke unieke situasie. Paar voorbeelde volg: Wat het die kind die geliefde genoem? Die konsep kan op toepassing wees van enige geliefde wat afgesterwe het. Wat was die geliefde se liggaamlike beperkings wat hul hemelse liggaam nie sal he nie? Miskien was dit brille, 'n rolstoel, gehoor apparate of iets soort gelyk. Is daar iets uniek en ouderdom-gepas wat jy graag wil byvoeg oor hoe die geliefde dood is Hier is 'n paar voorstelle om die e-boek te gebruik: Lees dit deur en identifiseer areas waar jy dit 'n persoonlike storie kan maak voordat jy dit aan 'n kind lees. Besluit hoe jy hierdie storie gaan gebruik As gevolg van die feit dat die onderwerp kompleks en baie emosioneel is, en dat dit aan 'n kind gelees word, was dit belangrik om die boek kort te hou. Moenie meer informasie aan die kind gee as wat versoek word nie. As volwassenes het ons
Oupa is hemel toe
Par Amber Richards, Madelyn Coetzee. 2015
Voorwoord aan volwassenes wat vir kinders lees Hierdie e-boek is geskryf van uit 'n Christelike perspektief, wat bedoel word om…
aan jong kinders gelees word, of enige ander ouderdom as die boek hulle kan help om die afsterwe van 'n geliefde te verwerk. Die boek was spesifiek geskryf om 'n slim 2 jarige seuntjie te help wat sy oupa amper elke dag gesien het. Hy het 'n verduideliking nodig gehad waarheen sy oupa gegaan het. Die verbalisering van die verduideliking in 'n boek kan moeilik wees vir verskeie redes: Die konteks is vir jong kinders wat op 'n konkrete wyse dink Die onderwerp is kompleks Dit is belangrik om nie 'n vrees te ontwikkel nie Gevoelens van hartseer moet bekragtig word, terwyl hoop uitgebeeld word Sommige van die besonderhede in hierdie boek is spesifiek vir sy oupa, soos die gebruik van 'n kierie, waarmee die klein seuntjie gespeel het. As jy die boek aan 'n jong kind lees voeg asseblief enige persoonlike besonderhede by sodat die boek meer persoonlik is in elke unieke situasie. Paar voorbeelde volg: Wat het die kind die geliefde genoem? Die konsep kan op toepassing wees van enige geliefde wat afgesterwe het. Wat was die geliefde se liggaamlike beperkings wat hul hemelse liggaam nie sal he nie? Miskien was dit brille, 'n rolstoel, gehoor apparate of iets soort gelyk. Is daar iets uniek en ouderdom-gepas wat jy graag wil byvoeg oor hoe die geliefde dood is Hier is 'n paar voorstelle om die e-boek te gebruik: Lees dit deur en identifiseer areas waar jy dit 'n persoonlike storie kan maak voordat jy dit aan 'n kind lees. Besluit hoe jy hierdie storie gaan gebruik As gevolg van die feit dat die onderwerp kompleks en baie emosioneel is, en dat dit aan 'n kind gelees word, was dit belangrik om die boek kort te hou. Moenie meer informasie aan die kind gee as wat versoek word nie. As volwassenes het ons
Die Woudties en die Sang Kompetisie
Par Francois Keyser, Alma Pretorius. 2016
Agterblad: Welkom by die wêreld van "Die Woudties". "Die Woudties" is 'n kinderboek reeks waarvan elkeen 'n unieke storie vertel…
omtrent die avonture van vyf woud diere. Elke boek in "Die Woudties" reeks is geskryf met 'n les vir jong lesers om te leer. Die les in hierdie boek is dat ons soms meer kan bereik met spanwerk. In hierdie boek wil die maatjies vir 'n sang kompetisie inskryf, maar hulle leer vinnig dat dit partykeer beter is om saam te werk. Sal hulle die les betyds leer om die kompetisie te wen? Francois was geïnspireer deur sy oudste dogter om "Die Woudties" boek reeks te skryf. "Die Woudties" is van Engels na Afrikaans vertaal en staan bekend as "The Junglies" in engels. Om meer omtrent "The Junglies" en Francois te leer, besoek asseblief sy webblad by http://www.thejunglies.com of besoek "The Junglies" se Facebook bladsy by www.facebook.com/tigerloseshisstripes.
Die Woudties bou 'n boomhuis
Par Francois Keyser, Elrika Keyser. 2016
Welkom in die wereld van "Die Woudties" "Die Woudties" is 'n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van…
5 dieremaats. "Die Woudties" boeke is almal geskryf met 'n les vir jong lesers om te leer. Die les in hierdie boek is dat ons soms na ons omstandighede moet kyk van 'n ander oogpunt om dinge meer duidelik te kan sien. In hierdie boek leer die Woudties om hulle blyplek te waardeer. Dit is soms so maklik om te dink die lewe sal beter wees op 'n ander plek , terwyl ons eintlik net ons perspektief moet verander... Francois se oudste dogter was sy inspirasie om "The Junglies" te skryf. "Die Woudties" is oorspronklik in Engels geskryf en staan in Engels bekend as "The Junglies". Vir meer inligting oor "The Junglies" en Francois besoek asseblief http://www.thejunglies.com of gaan kyk na " The Junglies" se bladsy op FaceBook by www.facebook.com/tigerloseshisstripes
Holografiese Heelal: 'n Inleiding
Par Brahma Kumari Pari. 2018
Lees hierdie boek met die bedoeling om die diepte van wat verduidelik word, te verstaan. Moenie dit net as 'leesstof'…
beskou nie. In plaas daarvan om net die boek te lees om van die Holografiese Heelal te weet, hou aan na wat die skrywer gesê het totdat jy ervaar en verstaan wat gesê word oor die Holografiese Heelal. Om 'n oop, duidelike gedagte te hou (terwyl u dit visualiseer) sal u help om te ervaar wat die skrywer ervaar het en / of u kan ander relevante ervarings hê. As gevolg daarvan sal jy kan verstaan wat die skrywer verduidelik. U vermoë om ervarings in die Holografiese Heelal te hê, sal toeneem, aangesien u hierdie boek oor en oor lees totdat u dit verstaan het. Geniet die leeservaring!
My monster sigwoorde vlak 2 boek 5
Par Kaz Campbell, Madelyn Coetzee. 2017
Leer om sigwoorde vlak 2 boek 5 te lees vir beginners. Boek 5 is gekombineer met die sigwoorde wat in…
my monster vlak 1, boek 1, 2 en 3 gedek is in kort frases en eenvoudige sinne. Elke bladsy bevat 'n prentjie om lees makliker te maak vir kinders. Werk deur hierdie reeks boeke en jy sal instaat wees om jou kinders te leer lees. Daar is 6 sigwoord boeke in hierdie leer om te lees program. In vlak 1 (enkel woorde en prente) is daar 3 boeke en vlak 2 (kombineer die sigwoorde in eenvoudige sinne) het ook drie boeke. Die boeke in die leer om te lees reeks is almal genommer, begin by boek 1 en werk deur al die boeke.
My Monster - Sig Woorde - Vlak 1 Boek 2
Par Kaz Campbell, Liezl Dreyer. 2017
Leer om sigwoorde Boek 2 te lees vir Beginner lesers. Boek 2 het meer as 100 bladsye met kleurvolle en…
interessante foto's van Troeteldiere, klere, speelgoed, Werke, Nommers, gevoelens en posisies en hul ooreenstemmende woorde. Dit is die tweede Boek in die My Monster leer lees Reeks. Werk deur hierdie reeks van boeke en jy sal in staat wees om jou kind te leer lees en hulle 'n massiewe voorsprong gee. Daar is 3 Sig Woord boeke in Vlak 1 (enkel woorde en foto's) en elke boek dek 7 verskillende gebiede. Die boeke in die leer om te lees reeks is almal getel, so begin by Boek 1 en hou aan werk deur hulle. Vlak 2 boeke (daar is ook 3 boeke op hierdie vlak) wat ook sigwoorde bevat, maar in plaas van 'n enkele woorde, is hulle gekombineer in kort frases en eenvoudige sinne. 'n Foto vergesel elke frase of sin ... wat dit makliker vir jou kind maak om te lees.
Verfris en Genees Uself deur Meditasie
Par Brahma Kumari Pari. 2019
Lees hierdie boek (Verfris en Genees Jouself deur Meditasie) indien jy siektes in jou liggaam het wat nodig het om…
te genees of indien jy verfris én in ‘n gesonde toestand wil bly. Selfs al het jy geen siektes in jou liggaam nie, kan jy nog steeds hierdie boek lees om ‘n beter begrip te kry oor die kosmiese energieë. Deur hierdie boek te lees sal jy ‘n beter begrip kry oor hoekom die kosmiese energieë jou bedien en jy sal leer hoe om die kosmiese energieë te kry om jou beter te bedien sodat jy ‘n beter lewe kan leef terwyl jy jou mylpale bereik, of dit nou vir spirituele doeleindes is of vir materiële doeleindes.
Bybel vir Beginners: 'n Basiese Gids vir Beginners
Par Brian Gugas. 2020
Regdeur die jare het mense na die Bybel gedraai vir leiding en hoop. Die Bybelstudie boek dien as ‘n padkaart…
vir die beginner om waardeuring te ontwikkel vir die Bybel en dit deel te maak van hulle daaglikse lewe. Al 66 Boeke van die Bybel word in detail gedek, insluitend: • Skrywer van elke boek en die tyd waarin dit geskryf is. • Sleutel temas van elke boek • Opsomming van die boodskap in elke boek • ‘n Toewyding vir die oorweging en verdure ondersoeke Verdiep in die stories, profesieë en boodskappe van die Bybel en oorweeg tennuwe die inspirerende krag, genade en helende krag van God en Jesus Christus. Genadig en inspirerend, Bybelstudie Gids vir Beginners bring die leser terug na die basis en maak ‘n pad oop vr ‘n direkte verhouding met die lewende Woord van God.
Leer Jou Honde Ken (Vir Kinders)
Par Amber Richards. 2020
Hierdie is ‘n boek wat handel oor die veskillende honde rasse. Dit is ‘n e-boek vir jong kinders wat in…
honde belangstel. Tussen die ouderdomme van 3 en 4 jaar is kinders geneig om die grammatikale reëls van hulle taal te oorveralgemeen. Hulle is geneig om voorwerpe met dieselfde eienskappe as dieselfde voorwerp te klassifiseer. Hierdie boek sal kinders help om te verstaan dat verskillende tipe honde, verkillende rasname het! Die boek bevat 21 verskillende foto's van bekende, sowel as meer onbekende honde rasse. Hierdie is ‘n prettige en leersame boek vir ouers om vir hulle vroeë lesers te lees, of selfs vir jong kinders om self te lees. Hierdie boek kan maklik 'n gesinsgunsteling word. Berei Berei julle snaakste en beste hondgeluide voor!
Outeurpreneur in Pajamas: Vestig jou skrywersplatform sonder om die huis te verlaat
Par Geraldine Solon. 2020
Nou is dalk die beste tyd wees om ‘n skrywer te wees, maar hoe laat jy jou boek bo die…
duisende uitstaan wat daagliks gepubliseer word? Elke skrywer moet hulle boeke bemark, of hulle nou die tradisionele roete volg of hulle boeke self publiseer. Hoewel skrywers ‘n fisiese teenwoordigheid moet hê, fokus Outeurpreneur in Pajamas op hoe skrywers hul platforms in hul pajamas kan bou deur aanlynopsies te gebruik wat hul blootstelling en sigbaarheid kan verhoog. Ons lewe in ‘n virtuele wêreld, waar digitaal papier verby gesteek het, waar slimfone, tablette en e-lesers nou noodsaaklikhede is, en waarin jy jou skrywersplatform met die druk van ‘n knoppie kan bou. Outeurpreneur in Pajamas leer jou hoe om jou skrywersplatform te ontwikkel sonder om jou huis te verlaat.
Transformeer Intimiteit: Christus in U
Par Dr Pensacola H. Jefferson. 2016
Hierdie boek praat oor die intimiteit wat plaasvind tussen die siel en die Gees (God en jy deur Christus), nie…
twee liggame nie. As jy "een gees" met God is, is jy alreeds intiem met Hom, maar jy mag dalk nie die diepte van daardie intimiteit met Hom ervaar nie. Laat my jou gou 'n analogie gee: as God 'n koek wou maak, sou Hy meel, suiker, botter, eiers, ens. saam gemeng het. Wanneer daardie items of bestandele saamgevoeg of gemeng is, kan hulle nie ongemeng of onsaamgevoeg raak nie. Hulle is NOU een. Hierdie bestandele bly vir ewig geheg aan mekaar en saam het hulle iets heel anders geword - 'n koek. Die wat aan God deur die Here verbind is, bly vir ewig verbind en het dus geheel en al anders geword "in" Christus - 'n NUWE SKEPPING. Die wat tot God geheg is deur die Here, is "een gees" met Hom; 'n intimiteit met God wat letterlik 'n individu heeltemal transformeer. "... Maar wie die HERE aanhang, is EEN GEES met Hom..." (1 Korinthiërs 6:17 AFR53). "...Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n NUWE skepsel;..." (2 Korinthiërs 5:17 AFR53). "... die Gees van God in julle woon nie?..." (1 Korinthiërs 3:16 AFR53). God sê: "... WEES HEILIG, WANT EK IS HEILIG..." (1 Petrus 1:14-16 AFR53). "..."...Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel;..." (2 Korinthiërs 5:17 AFR53). "...die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword..." (2 Korinthiërs 5:17 AFR53). "... En die HERE God het die mens geformeer [uit] die stof van die aarde [liggaam] en in sy neus die asem van die lewe [gees] geblaas. So het dan die mens 'n lewende siel [siel] geword..." (Genesis 2:7 AFR53). God sê: "... na SY beeld; ... man en vrou het Hy (God, die Heilige Gees) hulle geskape..." (Genesis 1:27 AFR53). "... En ... [God, die Heilige Gees] in sy neus die asem van die lewe [Sy "eie" Gees] ..." (Genesis 2:7 AFR53). "... So het dan die mens 'n lewende siel geword..." (Genesis 2:7 AFR53). Om tot God geheg te wees is 'n HEIL
Die wereld is my drom
Par Amber Richards, Madelyn Coetzee. 2015
Vir kinders is die hele wereld 'n onweerstaanbare speelgrond wat smeek om pret te he. In die verblywende kindersboek, die…
wereld is my drom, is die pret dat Hudson dromme speel. Elke onderwerp wat jy kan opnoem kan Hudson in 'n drom verander en dit ongelooflik laat klink. Dit is baie mooi uitgebeeld met waterkleur, dit inspireer kinders om kreatief te wees met gewone voorwerpe om hul. Wag net en kyk wat doen hy met sy tuisgemaakte dromme! Dit mag dalk die konsert van die eeu wees of op eindig as 'n paar kloppende hoofpyne. Dit maak nie saak wat die uitkomste is nie, dit gaan pret wees.
Mullie se verjaarsdag
Par Francois Keyser, Elrika Keyser. 2016
Welkom in die wereld van "Die Woudties" "Die Woudties" is 'n reeks kinderboeke wat vertel van die unieke avonture van…
5 dieremaats. "Die Woudties" boeke is elk een geskryf met 'n les vir jong lesers om te leer. Die les in hierdie boek is dat ons moet seker maak van ons feite in plaas van om afleidings te maak. In hierdie boek beplan die diere maats vir Mullie die kameelperd 'n verrassings partytjie. Beplan saam met die maats terwyl hulle onderling konkel en Mullie van geen sout of water weet nie. Francois se oudste dogter was sy inspirasie om "The Junglies" te skryf. "Die Woudties" is oorspronklik in Engels geskryf en staan in Engels bekend as "The Junglies". Vir meer inligting oor "The Junglies" en Francois besoek asseblief http://www.thejunglies.com of gaan kyk na " The Junglies" se bladsy op FaceBook by www.facebook.com/tigerloseshisstripes.
Die Krag van Opoffering
Par Gabriel Agbo, Leonie van der Wath. 2018
Opofferinge is kragtig. Baie Kragtig! Die rykste man, die sterkste man, die mees geseënde mans en vroue, die verstandigste, die…
grootse koning, en die magtigste profete was almal manne en vroue van opoffering. Hulle het hulle alles gegee en het gewaagd opgetree vir hulle mense, mensliewenheid en vir God om hulle verpligtinge en doelwitte te bereik sodat almal in ewigheid op hulle trots kon wees. Wil jy hulle geheim weet? Goed. As jy wil uitblink moet jy eers ‘n man/vrou van opoffering word. Alles is moonlik vir dié wat die prys kan betaal. Dié boek bevat die volgende hoofstukke – Die Krag van Opoffering, Offer Jou Enigste, Ek Reis deur Egipte, Ek Sal Die Prys Betaal, Volg My! Ons Het Vir Jou Gekom, Ek Sal Jou Bewaar, Berei Daardie Laaste Ete Voor, Die Krag Om Te Bewaar, Loof, Vas en Gebed. Ons bespreek nie net die groot opofferings van noemenswaardige mans en vroue uit die Bybel nie en hoe hulle optrede hulle belangrik gemaak het nie maar ons bespreek ook mense soos Yonatan Yoni Netanyanhu van Israel. Hy is die jong Israeli wat die komando eenheid gelei het om die Joodse gyselaars te red by Entebbe lughawe toe hul vliegtuig in 1976 gekaap is en in Uganda moes land. Ons kyk ook na militêre helde – soos die “SEALs” en “Delta Force. Hierdie mans gee voordurend hulle allerbeste om ander te beskerm en om die mensdom te red. Hulle offer hul lewens op om ander te beveilig. Jesus het gesê groter opoffering is daar nie, dan iemand wat sy lewe vir ‘n ander gee. Ons bring hulde aan hulle! Hulle leer ons wat opoffering behoort te wees. Jesus het juis gevra, wat se opoffering kan groter wees as wat iemand sy lewe vir sy vriende gee? Ons prys hulle vir hulle dapperheid en uitmuntende patriotisme. Hier sal ons leer van opofferings van geloof, goedheid, patriotisme, gebed, vas en loof. Wanneer jy meer doen as wat van jou verwag word, is daar onmiddelik ‘n onsigbare bonatuurlike mag wat reageer en na jou toe haas.
My eerste leesboek
Par Annerie Du Toit, Amber Richards. 2015
Voorwoord Hierdie e-boek is doelbewus sonder enige illustrasies (behalwe vir die een hierbo). Dit dien as 'n hulpmiddel om jong…
lesers op te lei hoe om te lees en daar word spesifiek op die woorde gefokus sodat die kinders se aandag nie deur die illustrasies afgetrek kan word nie. Dit is ’n groot stap na afloop van die leer van die alfabet en die fonetiek van elke letter. Dit begin met drieletter-woorde en beweeg dan na vier en vyf letters en 'n paar groter woorde. Dan word daar na hierdie spesifieke woorde gekyk in die gebruik van volledige sinne. Dit help wanneer die kinders hierdie woorde verbaliseer en só die woorde memoriseer deur dit gereeld te gebruik. Dikwels memoriseer kinders woorde deur middel van illustrasies in plaas daarvan om die woord te lees. Woorde wat rym word ook doelbewus in hierdie boek geskommel ten einde dit meer uitdagend te maak. Ek is tans besig om ’n tweejarige te leer lees, wat my gemotiveer het om hierdie boek te skryf. Hy het reeds die alfabet onder die knie, klein- en hoofletters en die fonetiek daarmee saam. Dit was moeilik om eenvoudige “woordeboeke” sonder enige illustrasies op te spoor om as die aanknopingspunt te gebruik. Hiermee dien hierdie boek as ʼn hulpmiddel om hom te leer en ek is seker daar is ander mense wat ook hierby sal baat. Ek hoop u vind dit as ʼn nuttige hulpmiddel vir jou jong leser.
Super 3-Dag Detox Sop & Smoothie Plan
Par Geoff Wells, Vicky Wells, Corlia Jones. 2017
Super 3-Dag Detox Sop & Smoothie Plan is ‘n maklike drie-dag detox-dieet en gewigsverliesplan wat bestaan uit gesonde, voedsame en…
heerlike smoothies vir ontbyt en middagete, 'n warm en lekker prutpot-dis vir aandete, en vars gemengde vrugte vir nagereg. Hierdie plan pas ook 'n besige leefstyl, want jy kan jou middagete smoothies voorberei en saam met jou neem. Jy kan ook jou prutpot in die oggend opstel en aandete gereed hê vir jou wanneer jy tuis kom. Kry hierdie boek nou en begin dadelik jou detox plan! Hier is 'n bietjie insig in wat in hierdie boek ingesluit is: •‘n Openhartige Onderhoud Met Die Outeurs •Wat Is Die Voordele Van 'n Detox Program? •Wat Is Die Moontlike Newe-Effekte Van 'n Detox Program? •Wenke Om Jou Vrugte, Groente en Kruie te Kies •Hoekom Rou Die Beste Is •Die Kosse Wat Ons Gebruik Het en Hoekom •Wat Die Kleure Van Kosse Beteken •Mees en Minste Besmette Vrugte en Groente •Wat Om Nie In Te Neem Tydens Detox Nie •Bly Gehidreer Tydens Detox •Voedselveiligheid •Die 3-Dag Detox Program •Detox Resepte •Bonus Resep Hier is 'n steekproef van sommige van die superkos vrugte, groente en speserye wat ingesluit is in ons detox smoothie en prutpot resepte: •aarbeie •appelasyn •aspersies •avokadopeer •basielkruid •bloubessies •boerenkool •bok choy •borrie •broccoli •druiwe •groen tee •klapperwater •knoffel •komkommer •piesangs •pietersielie •pomelo •roosmaryn •seldery •spinasie •tamatie •wortels