Résultats de recherche de titre
Articles 1 à 7 sur 7

Kinders hou van grappies vertel
Par Bernard Levine, Adri Van Schalkwyk. 2016
Hier is ʼn versameling snaakse grappe wat ek geniet het toe ek op skool was. Kinders is lief om te…
lag. Hulle sal groot pret hê om hierdie grappies oor en oor aan hul vriende te vertel. Hierdie vermaaklike boek sal jou kinders ure se geluk en plesier gee.
Hoe om 'n goeie kind groot te maak
Par Liezl Dreyer. 2016
Die boek is benoem vir n Indie Leser Ontdekkings Toekennings finalis ouerskap en n Voorwoord Resensies…
Boek van die Jaar-finalis beide humor en in opstel kategorie Hoe om n goeie kind groot te maak is nie n konvensionele hoe-om boek nie maar eerder n versameling van 23 humoristiese en opregte stories oor die uitdagings en vreugdes van kinders groot maak vir beide ouers en kinders se genot Deur onderwerpe soos eerlikheid lojaliteit moed harde werk deursettingsvermo en liefde te ondersoek is Hoe om n goeie kind groot te maak gewaarborg om jou te laat lag met stories wat outentiek universe l in tema is en geskik om gesprekke oor die belangrikheid van karakter bou en integriteit te begin Hoe om n goeie kind groot te maak is hoogs vermaaklik en betekenisvol en een van die beste boeke oor ouerskap en grootword wat jy ooit sal vind
Destiny En Faith gaan na die Tweelingsentrum Akademie
Par Teddy Rose O'Malley, Liezl Dreyer. 2015
Destiny en Faith gaan na graad twee in 'n skool vir tweelinge. Hulle maak vyande en vriende en hulle moet…
instaan waar vriende uitval. Dit is egter die minste van hulle probleme. Toe die hoof 'n plan het om al die tweelinge te dwing om dieselfde aan te trek, het Destiny en Faith op hulle regte gestaan. Daar gaan moeilikheid wees - dubbeld.
Hoe om 'n goeie kind groot te maak
Par Starbuck O'Dwyer, Liezl Dreyer. 2016
Die boek is benoem vir 'n Indie Leser Ontdekkings Toekennings finalis (ouerskap) en 'n Voorwoord Resensies Boek van die Jaar-finalis…
(beide humor en in opstel kategorieë), Hoe om 'n goeie kind groot te maak is nie 'n konvensionele hoe-om boek nie, maar eerder 'n versameling van 23 humoristiese en opregte stories oor die uitdagings en vreugdes van kinders groot maak vir beide ouers en kinders se genot. Deur onderwerpe soos eerlikheid, lojaliteit, moed, harde werk, deursettingsvermoë en liefde te ondersoek, is Hoe om 'n goeie kind groot te maak gewaarborg om jou te laat lag met stories wat outentiek, universeël in tema is en geskik om gesprekke oor die belangrikheid van karakter bou en integriteit te begin. Hoe om 'n goeie kind groot te maak is hoogs vermaaklik en betekenisvol, en een van die beste boeke oor ouerskap en grootword wat jy ooit sal vind.
Savvy Geschichten
Par Dan Alatorre. 2018
Die prag van kinders is gesetel in die feit dat alles hulle betower. Die prag van ouerskap is daarin gesetel…
dat ouers daardie betowering deur die hart van die kind sien. "Savvy" is 'n humoristiese en aangrypende blik op kindertyd se verlore betowerende oomblikke soos deur 'n pa gesien. Kruip, loop, speelafsprake, klippieskop, hibiskusse, leer om die potjie te gebruik, prinsesrokkies - en babadolfyne. Die hele wye spektrum van haar vrae en sy antwoorde.
Bekoorde Lewe in Ceylon: 1953 - 1963
Par Tony Buxton. 1931
Die skrywer se fassinerende avonture in die vroeë 50’s, beskryf ‘n avontuurlike lewenswyse waaroor die meeste van ons droom, maar…
wat vandag onmoontlik sal wees. Gebore in Colombo (Sri Lanka) in 1931. Hy het sy kinderlewe in Engeland deurgebring en het hy na die oorlog teruggekeer na Ceylon om in die familie besigheid te werk wat deur sy oupa begin is. Nie die gewone koloniale tipe waarvan daar verwag was om nie met die plaaslike mense te meng of om na hul klubs te gaan nie, het Tony die teenoorgestelde gedoen teen alle reëls in. Tony het die geselskap van die Ceylonese verkies . Dit het tot gevolg gehad dat hy baie vriende gemaak het insluitende bekende politikuste . Hy het ‘n passie vir onderwater verkenning gekweek in ‘n tyd toe die sport maar nog net begin het, voor daar SCUBA was. Hy het sy werk en loopbaan opgegee om op spiesvisvang, krewe, garnale en krappe te oorleef, akwarium visse te vang en in die woude te jag. Hy het homself as ‘n onderwater toergids gevestig wat bekende en ryk mense gelok het. Deur sy dienste verniet aan te bied het hulle hom terug betaal deur hom na hulle huise in Europa te nooi waar hy ‘n lewe beleef het wat hy nie eers geweet het bestaan nie. Gedurende hierdie reise trou hy met drie van sy vier vroue, twee Skandinawiese modelle en ‘n Italiaanse aktrise, aangetrokke tot sy lewenswyse, maar nie een van hulle kon in Ceylon aanpas nie. Die magtige Minister van Toerisme, ‘n duiker homself, stel Tony aan om onderwater toerisme te bevorder. Hulle word hegte vriende en hy raak betrokke in politike intriges. Selfs met geen geld lewe hy gelukkig deur vis te ruil vir basiese behoeftes. Op en af tussen luukse en gewone leefstyle was hy die eerste person om in die Maldives en suid Indië te duik, waar hy ‘n sensasie veroorsaak. Hierdie is ‘n aangrypende verhaal van nie so lank gelede in ‘n unieke Suid-Oostelike Asiatiese land – Ceylon, voor dit ingesluk was deur politieke onrus,
Ek Sweer Dit Het Net So Gebeur
Par Khaled Talib. 2016
Voorwoord Daardie ongemaklike stilte wanneer jy nie meer weet waaroor om te praat nie. Jy is op die punt om…
in 'n donker afgrond van jou denke te val, wat nou in 'n doolhof verander is met 'n Minotaurus gereed om op jou af te spring. Ek ken daardie gevoel wanneer woorde verval. Dit klink soos 'n ballon wat leegloop. Om hierdie rede het ek besluit om my baie kort stories met jou te deel sodat as daardie oomblik kom, jy 'n gereedse voorsiening van vars geselskap het. As jy ooit vasgepen is aan woorde, gesels net oor daardie vriend van jou in Singapoer wat hierdie klein boekie geskryf het. Hopelik sal dit bydra tot jou reeds snaakse en interessante persoonlikheid om mense meer van jou te laat hou. Ek probeer om jou maklik neer te lê hier. Gekheid. Of jy nou by die haarkapper salon is, op 'n lang vlug of 'n woestyn pad, 'n gastehuis in die middel van nêrens of 'n ver verwyderde eetplek, neem my (ek bedoel die stories) saam met jou. 'n Samestelling van opstelle en oor peinsings oor die lewe wat beter is as om uit die venster te staar. Daar is 'n bietjie van alles hier, wat wissel van humor tot horror tot filosofie. Ek het baie van hierdie tipes stories, maar ek het gedink ek begin met 'n mondvol om te sien hoe dit gaan met jou sous. As ek aangemoedig voel, skryf ek meer. Dus, hé, geen verskonings meer om na jou foon te staar of vasgepen te wees met 'n paar herhalings op die kabel kanale nie. Jy het 'n boek in besit wat jou en ander tussen die kuiertjies vermaak. Gelukkige vertelling! Khaled