Résultats de recherche de titre
Articles 1 à 5 sur 5

Verfris en Genees Uself deur Meditasie
Par Brahma Kumari Pari. 2019
Lees hierdie boek (Verfris en Genees Jouself deur Meditasie) indien jy siektes in jou liggaam het wat nodig het om…
te genees of indien jy verfris én in ‘n gesonde toestand wil bly. Selfs al het jy geen siektes in jou liggaam nie, kan jy nog steeds hierdie boek lees om ‘n beter begrip te kry oor die kosmiese energieë. Deur hierdie boek te lees sal jy ‘n beter begrip kry oor hoekom die kosmiese energieë jou bedien en jy sal leer hoe om die kosmiese energieë te kry om jou beter te bedien sodat jy ‘n beter lewe kan leef terwyl jy jou mylpale bereik, of dit nou vir spirituele doeleindes is of vir materiële doeleindes.
Bekoorde Lewe in Ceylon: 1953 - 1963
Par Tony Buxton. 1931
Die skrywer se fassinerende avonture in die vroeë 50’s, beskryf ‘n avontuurlike lewenswyse waaroor die meeste van ons droom, maar…
wat vandag onmoontlik sal wees. Gebore in Colombo (Sri Lanka) in 1931. Hy het sy kinderlewe in Engeland deurgebring en het hy na die oorlog teruggekeer na Ceylon om in die familie besigheid te werk wat deur sy oupa begin is. Nie die gewone koloniale tipe waarvan daar verwag was om nie met die plaaslike mense te meng of om na hul klubs te gaan nie, het Tony die teenoorgestelde gedoen teen alle reëls in. Tony het die geselskap van die Ceylonese verkies . Dit het tot gevolg gehad dat hy baie vriende gemaak het insluitende bekende politikuste . Hy het ‘n passie vir onderwater verkenning gekweek in ‘n tyd toe die sport maar nog net begin het, voor daar SCUBA was. Hy het sy werk en loopbaan opgegee om op spiesvisvang, krewe, garnale en krappe te oorleef, akwarium visse te vang en in die woude te jag. Hy het homself as ‘n onderwater toergids gevestig wat bekende en ryk mense gelok het. Deur sy dienste verniet aan te bied het hulle hom terug betaal deur hom na hulle huise in Europa te nooi waar hy ‘n lewe beleef het wat hy nie eers geweet het bestaan nie. Gedurende hierdie reise trou hy met drie van sy vier vroue, twee Skandinawiese modelle en ‘n Italiaanse aktrise, aangetrokke tot sy lewenswyse, maar nie een van hulle kon in Ceylon aanpas nie. Die magtige Minister van Toerisme, ‘n duiker homself, stel Tony aan om onderwater toerisme te bevorder. Hulle word hegte vriende en hy raak betrokke in politike intriges. Selfs met geen geld lewe hy gelukkig deur vis te ruil vir basiese behoeftes. Op en af tussen luukse en gewone leefstyle was hy die eerste person om in die Maldives en suid Indië te duik, waar hy ‘n sensasie veroorsaak. Hierdie is ‘n aangrypende verhaal van nie so lank gelede in ‘n unieke Suid-Oostelike Asiatiese land – Ceylon, voor dit ingesluk was deur politieke onrus,
Transformeer Intimiteit: Christus in U
Par Dr Pensacola H. Jefferson. 2016
Hierdie boek praat oor die intimiteit wat plaasvind tussen die siel en die Gees (God en jy deur Christus), nie…
twee liggame nie. As jy "een gees" met God is, is jy alreeds intiem met Hom, maar jy mag dalk nie die diepte van daardie intimiteit met Hom ervaar nie. Laat my jou gou 'n analogie gee: as God 'n koek wou maak, sou Hy meel, suiker, botter, eiers, ens. saam gemeng het. Wanneer daardie items of bestandele saamgevoeg of gemeng is, kan hulle nie ongemeng of onsaamgevoeg raak nie. Hulle is NOU een. Hierdie bestandele bly vir ewig geheg aan mekaar en saam het hulle iets heel anders geword - 'n koek. Die wat aan God deur die Here verbind is, bly vir ewig verbind en het dus geheel en al anders geword "in" Christus - 'n NUWE SKEPPING. Die wat tot God geheg is deur die Here, is "een gees" met Hom; 'n intimiteit met God wat letterlik 'n individu heeltemal transformeer. "... Maar wie die HERE aanhang, is EEN GEES met Hom..." (1 Korinthiërs 6:17 AFR53). "...Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n NUWE skepsel;..." (2 Korinthiërs 5:17 AFR53). "... die Gees van God in julle woon nie?..." (1 Korinthiërs 3:16 AFR53). God sê: "... WEES HEILIG, WANT EK IS HEILIG..." (1 Petrus 1:14-16 AFR53). "..."...Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel;..." (2 Korinthiërs 5:17 AFR53). "...die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword..." (2 Korinthiërs 5:17 AFR53). "... En die HERE God het die mens geformeer [uit] die stof van die aarde [liggaam] en in sy neus die asem van die lewe [gees] geblaas. So het dan die mens 'n lewende siel [siel] geword..." (Genesis 2:7 AFR53). God sê: "... na SY beeld; ... man en vrou het Hy (God, die Heilige Gees) hulle geskape..." (Genesis 1:27 AFR53). "... En ... [God, die Heilige Gees] in sy neus die asem van die lewe [Sy "eie" Gees] ..." (Genesis 2:7 AFR53). "... So het dan die mens 'n lewende siel geword..." (Genesis 2:7 AFR53). Om tot God geheg te wees is 'n HEIL
Die Krag van Opoffering
Par Gabriel Agbo, Leonie van der Wath. 2018
Opofferinge is kragtig. Baie Kragtig! Die rykste man, die sterkste man, die mees geseënde mans en vroue, die verstandigste, die…
grootse koning, en die magtigste profete was almal manne en vroue van opoffering. Hulle het hulle alles gegee en het gewaagd opgetree vir hulle mense, mensliewenheid en vir God om hulle verpligtinge en doelwitte te bereik sodat almal in ewigheid op hulle trots kon wees. Wil jy hulle geheim weet? Goed. As jy wil uitblink moet jy eers ‘n man/vrou van opoffering word. Alles is moonlik vir dié wat die prys kan betaal. Dié boek bevat die volgende hoofstukke – Die Krag van Opoffering, Offer Jou Enigste, Ek Reis deur Egipte, Ek Sal Die Prys Betaal, Volg My! Ons Het Vir Jou Gekom, Ek Sal Jou Bewaar, Berei Daardie Laaste Ete Voor, Die Krag Om Te Bewaar, Loof, Vas en Gebed. Ons bespreek nie net die groot opofferings van noemenswaardige mans en vroue uit die Bybel nie en hoe hulle optrede hulle belangrik gemaak het nie maar ons bespreek ook mense soos Yonatan Yoni Netanyanhu van Israel. Hy is die jong Israeli wat die komando eenheid gelei het om die Joodse gyselaars te red by Entebbe lughawe toe hul vliegtuig in 1976 gekaap is en in Uganda moes land. Ons kyk ook na militêre helde – soos die “SEALs” en “Delta Force. Hierdie mans gee voordurend hulle allerbeste om ander te beskerm en om die mensdom te red. Hulle offer hul lewens op om ander te beveilig. Jesus het gesê groter opoffering is daar nie, dan iemand wat sy lewe vir ‘n ander gee. Ons bring hulde aan hulle! Hulle leer ons wat opoffering behoort te wees. Jesus het juis gevra, wat se opoffering kan groter wees as wat iemand sy lewe vir sy vriende gee? Ons prys hulle vir hulle dapperheid en uitmuntende patriotisme. Hier sal ons leer van opofferings van geloof, goedheid, patriotisme, gebed, vas en loof. Wanneer jy meer doen as wat van jou verwag word, is daar onmiddelik ‘n onsigbare bonatuurlike mag wat reageer en na jou toe haas.
Super 3-Dag Detox Sop & Smoothie Plan
Par Geoff Wells, Vicky Wells, Corlia Jones. 2017
Super 3-Dag Detox Sop & Smoothie Plan is ‘n maklike drie-dag detox-dieet en gewigsverliesplan wat bestaan uit gesonde, voedsame en…
heerlike smoothies vir ontbyt en middagete, 'n warm en lekker prutpot-dis vir aandete, en vars gemengde vrugte vir nagereg. Hierdie plan pas ook 'n besige leefstyl, want jy kan jou middagete smoothies voorberei en saam met jou neem. Jy kan ook jou prutpot in die oggend opstel en aandete gereed hê vir jou wanneer jy tuis kom. Kry hierdie boek nou en begin dadelik jou detox plan! Hier is 'n bietjie insig in wat in hierdie boek ingesluit is: •‘n Openhartige Onderhoud Met Die Outeurs •Wat Is Die Voordele Van 'n Detox Program? •Wat Is Die Moontlike Newe-Effekte Van 'n Detox Program? •Wenke Om Jou Vrugte, Groente en Kruie te Kies •Hoekom Rou Die Beste Is •Die Kosse Wat Ons Gebruik Het en Hoekom •Wat Die Kleure Van Kosse Beteken •Mees en Minste Besmette Vrugte en Groente •Wat Om Nie In Te Neem Tydens Detox Nie •Bly Gehidreer Tydens Detox •Voedselveiligheid •Die 3-Dag Detox Program •Detox Resepte •Bonus Resep Hier is 'n steekproef van sommige van die superkos vrugte, groente en speserye wat ingesluit is in ons detox smoothie en prutpot resepte: •aarbeie •appelasyn •aspersies •avokadopeer •basielkruid •bloubessies •boerenkool •bok choy •borrie •broccoli •druiwe •groen tee •klapperwater •knoffel •komkommer •piesangs •pietersielie •pomelo •roosmaryn •seldery •spinasie •tamatie •wortels