Résultats de recherche de titre
Articles 1 à 18 sur 18

Dokter Margaret se Seekis
Par Waheed Rabbani, Adri Van Schalkwyk. 2016
Dokter Margaret se seekis, is Boek I van ʼn trilogie van historiese fiksie wat afspeel gedurende die stryd van Indië…
vir vryheid—Azadi—van die Britse Raj. Die boeke weef ʼn verhaal van internasionale intrige, konflik, en aangrypende liefde tussen interessante karakters van daardie era. In 1965 is ʼn seekis van meer as 100 jaar oud, vermoedelik dié van ʼn Amerikaanse dokter, Margaret, ontdek in die stoorkamer van ʼn hospitaal in Delhi. ʼn Ander Amerikaanse dokter, Sharif, wat oorspronklik afkomstig is uit Delhi en op kontrak is by die hospitaal, is toevertrou met die taak om die geheimsinnige vrou se familie op te spoor en die kis aan hul terug te besorg. Sharif spoor Margaret se nageslag in Grimsby, Ontario, Kanada op. Haar dagboeke en ander artefakte, soos die kroon van die Koninkryk van Jhansi, is in die kis gevind. Margaret, gebore in New Jersey uit ʼn Skotse Presbiteriaanse klerklike familie, oorwin geweldige struikelblokke en bereik haar hartsbegeerte in 1850 om een van die eerste Noord-Amerikaanse vroue dokters te word. Sy trou met haar Kanadese neef, Robert, en reis saam met hom om in die Krimoorlog van 1854 te dien. In die Krim kry hul nie net swaar met al die veldslae nie, maar moet ook ander konflikte verduur. Van gebeure wat gelei het tot en na die berugte Charge of the Light Brigade, ontmoet Margaret ʼn Russiese offisier, graaf Nicholai. Die verrassende einde van Boek I laat Margaret in ʼn verknorsing, moet sy wraak neem of moet sy voortgaan met haar reis na Indië. Op die ou end glo sy, sy het die regte besluit gemaak. ******************************************** ******************************************** “[Waheed] se weergawe van die Indiese Rebellie uit ʼn Indiese oogpunt is fassinerend vir die Westerse leser en behoort goed ontvang te word ...” – Ian Walker, skrywer van LOCA
Die Bewaarder se Towerboek
Par Rain Oxford, Liezl Dreyer. 2015
Dylan het gedink hy is 'n gemiddelde man, met 'n doodloopstraat werk en nie groot aspirasies in die lewe nie.…
Toe hy 'n swart boek vind met eienaardige woorde en merke, ontdek hy dat die heelal baie groter is as wat hy gedink het. Die Bewaarder van die Aarde, wat die boek en sy groot krag veilig bewaar het, en uit die verkeerde hande gehou het, word doodgemaak. Nou het die Aarde 'n nuwe Bewaarder nodig gehad. Die stryd om die boek te beskerm het vroeg vir Dylan begin, toe hy vinnig moes staatmaak op sy nuutontdekte magte om die wesens wat gestuur is om die boek te vat, te verslaan. Dylan se lewe word verseker vol avontuur, gevaar en toorkrag Om sy boek te beskerm en die wêreld wat nou op hom staatmaak, moet hy leer om te oorleef in 'n vreemde wêreld, veg teen die vreeslikste gruwels buite enige verbeelding denkbaar, sy toorkuns bemeester, en uiteindelik die stryd stry teen 'n donker god wat reeds een wêreld vernietig het.
Die Golwe
Par Jen Minkman, Petro Ebersohn. 2014
My eerste herinnering aan my oupa is van 'n oomblik wat ons gedeel het. Ek sit op sy knie en…
kyk uit oor die hawe. Oupa rook 'n pyp. "Kyk, Walt, daar is ons skepe. En eendag gaan daar een wat selfs mooier is, op die horison verskyn. 'n Magtige skip wat ons almal gaan kom haal." "Waarheen, Oupa?" vra ek nuuskierig. Hy bly stil. "Niemand weet presies nie," sê hy uiteindelik. "Maar dit maak nie dat dit minder fantasties is nie. Eendag gaan daardie skip inkom. En Annabelle sal op die voordek staan met ope arms om ons aanboord te verwelkom." Die godin met die swart hare wat in die wind waai, soos uitgebeeld teen die grootste muur in ons tempel. "Hoekom vaar ons nie self na haar toe nie?" wil ek weet. "Omdat sy belowe het sy sal kom," antwoord Oupa. "En ons maak staat op daardie belofte. Dit is net die Ongelowiges wat dink hulle kan alles self doen. Hulle glo glad nie in die godin nie." Walt woon in Hoophawe, 'n eilandgemeenskap wat hulle vertroue plaas in redding van die anderkant van die see af. Die dorpsmense wag geduldig, bou skepe om uit te vaar om hulle godin te verwelkom, en besoek elke week vroom die tempel. Gruwelstories omtrent die Ongelowiges wat aan die anderkant van Tresco woon, word vertel om hulle kinders bang te maak. Maar alles is nie soos dit lyk nie. Walt het vrae wat niemand kan beantwoord nie, en wanneer sy beste vriend en neef, Yorrick, in 'n ongeluk sterf, grawe hy dieper om die waarheid uit te vind omtrent die oorsprong van die Hoophawegemeenskap... en die geheime van die tempel. Keer terug na die wêreld van Die Eiland, en ontdek hoe Walt se lewe was voor en nadat hy Leia ontmoet het!
Alfa Erfgenaam
Par Aj Tipton, Juliet Perie. 2015
Die biljoenêr beer sal enige iets doen om sy smaaklikke geliefde te beskerm. Aantreklikke biljoenêr wisselaar Orson het alles behalwe…
sy vryheid. Sy pa, die stam-famielie se Alfa, dwing Orson om met 'n vrou te trou wat hy nie lief het nie, om die verkeie stamme se eenheid sterker te maak. Wanneer hy Casey ontmoet, die pragtige, vol figuurde vrou van sy drome, nooi hy haar na sy luukse huis in die woud. Het hy uiteindelik sy inspirasie gevind om te veg vir sy vryheid...en vir liefde? Casey droom daarvan om haar deeltydse speysenier onthaale in 'n regte besigheid te verander. Sy is amper so lief daarvoor om mense te voer as om wat sy dit haat om vertel te word dat sy nie goed genoeg is oor haar grote. Waneer die misterieuse en seksie Orson in haar lewe in loop verander alles. Weg gevoer in 'n wêreld van uitstaande luuksheid en stryende bere, kan Casey oorlewe in die opwindende lewe van haar nuwe liefde? Die novelle het alles, smaaklikke kos, hartverskeurende wisselaar gevegte en 'n liefde so warm jy sal brand. Die SELFSTANDIGE novelle is deel van die "Beer wisselaar biljoenêr" reeks wat in enige volgorde gelees kan word. Elke boek is kompleet en jy hoef nie te wag om uit te vind wat gebeur nie. Dit eindig soos dit moet: gelukkig vir altyd.
Die eiland 'n distopiese jeugroman
Par Jen Minkman, Petro Ebersöhn. 2014
"Ek loop aan see toe. Die branders borrel en skuim oor my kaalvoete. Seemeeue skree bokant my kop. Die eindelose…
oppervlakte van die water strek tot aan die horison, watter kant toe ek ookal kyk. "Ons wereldjie is klein... Ons is op ons eie, en ons het net die Krag diep binne-in ons om op staat te maak. "As ek hiervandaan in 'n westelike rigting sou loop, sou ek by 'n versperring kom: die muur. Daaragter is Dwase. Volgens ons voorouers mag ons nie oor die muur klim nie. "Die Dwase glo nie in hulle eie Krag nie. In plaas daarvan glo hulle aan iets buite hierdie wereld, wat hulle gaan red. "Niemand wil met sulke idiote meng nie." Leia woon op die eiland, 'n wereld waar kinders hulle ouers verlaat wanneer hulle tien jaar oud word, om na hulleself om te sien. Oor hierdie eiland is 'n muur gebou waaroor niemand nog ooit geklim het nie. Die Dwase wat aan die ander kant woon, is nie vatbaar vir rede nie. Hulle glo in illusies. Dit is volgens die Boek, al wat die Oostelike Eilandbewoners se voorgeslagte aan hulle nagelaat het. Maar dan spoel 'n vreemde man op die strand uit, en Leia ontmoet 'n Dwaas van aangesig tot aangesig. En haar lewe is nooit weer dieselfde nie. Is dit wat sy en haar vriende omtrent die eiland glo, regtig waar? Of is almal in hulle wereld inderdaad Dwase?
Dokter Margaret in Delhi
Par Waheed Rabbani, Adri Van Schalkwyk. 2017
Dokter Margaret reis alleen na Indië om by haar ouers by die Amerikaanse Presbiteriaanse Sendingstasie in Futtehgurh te wees en…
dan na haar pos by ‘n hospitaal in Delhi. Daar moet sy nie net werkdruk oorkom nie, maar ook met haar intimideerders en intriges van die Mughals, by die Delhi Rooi Fort deel. Margaret se martelaar sedert haar kinderjare, Kaptein Albert, sluit ook aan by ‘n Britse regiment wat vir diens in Indië gebasseer is. Die Rus, Kaptein Graaf Nicholai, wie Margaret in die Krim ontmoet het, arriveer ook in Indië onder die dekmantel van ‘n Franse dokter. Die gebeure wat tot die Indiese Muitery/Rebellie gelei het en uitgebreek het in 1857, het nie net ‘n baie groot invloed op Margaret se lewe nie, maar ook op diegene wat haar liefhet en ander wat haar skade wil berokken. Ook deurmekaar in die warboel is een van die Koning van Delhi, Shah Zafar se Rooi Fort Wagte, sepoy Sharif Khan Bhadur, die oupa van Dokter Wallidad, ‘n Amerikaanse dokter. Die Azadi Reeks dek die opwindende gebeure en onrus wat Indië deurvleg het van 1857 tot 1947 en tot haar onafhanklikheid gelei het. Daardie voorvalle verswelg die karakters van hierdie storie op daardie tydstip en later hul afstammelinge se lewens weer in die 1960’s.
Dokter Margaret in Delhi
Par Waheed Rabbani, Adri Schalkwyk. 2017
Dokter Margaret reis alleen na Indië om by haar ouers by die Amerikaanse Presbiteriaanse Sendingstasie in Futtehgurh te wees en…
dan na haar pos by ‘n hospitaal in Delhi. Daar moet sy nie net werkdruk oorkom nie, maar ook met haar intimideerders en intriges van die Mughals, by die Delhi Rooi Fort deel. Margaret se martelaar sedert haar kinderjare, Kaptein Albert, sluit ook aan by ‘n Britse regiment wat vir diens in Indië gebasseer is. Die Rus, Kaptein Graaf Nicholai, wie Margaret in die Krim ontmoet het, arriveer ook in Indië onder die dekmantel van ‘n Franse dokter. Die gebeure wat tot die Indiese Muitery/Rebellie gelei het en uitgebreek het in 1857, het nie net ‘n baie groot invloed op Margaret se lewe nie, maar ook op diegene wat haar liefhet en ander wat haar skade wil berokken. Ook deurmekaar in die warboel is een van die Koning van Delhi, Shah Zafar se Rooi Fort Wagte, sepoy Sharif Khan Bhadur, die oupa van Dokter Wallidad, ‘n Amerikaanse dokter. Die Azadi Reeks dek die opwindende gebeure en onrus wat Indië deurvleg het van 1857 tot 1947 en tot haar onafhanklikheid gelei het. Daardie voorvalle verswelg die karakters van hierdie storie op daardie tydstip en later hul afstammelinge se lewens weer in die 1960’s.
Primus AD
Par Mauricio Campos, Billy Clinton. 1977
Die landvorming proses op Mars sou nooit suksesvol gewees het teen die tyd dat dit uitgevoer is as daar geen…
hulp van die robots was nie. Toe die eerste Huŏxīng 3.0-masjiene op Mars aangekom het, het hulle die aanvanklike menslike kolonies gevind. Heeltemal afhanklik van voorrade wat gereeld vanaf die Aarde gebring word. Die masjiene was reeds selfversorgend, geprogrammeer om in die Marsse grond te vind wat hulle nodig het om replikas van hulleself te skep, en boumateriaal vir die kweekhuisgasbedrywe, wat koolstofdioksied in suurstof aangewend het. Elke nuwe skip wat op die rooi planeet aangekom het, het aan die menslike gemeenskap voorsien, 'n nuwe reeks masjiene het aangekom om die proses van landvorming te help. Benewens die Humanoid robots van die werkersklas, het die sowers gekom. Die saaiers was groot springrobotte, wat voordeel getrek het uit die seldsame atmosfeer van die planeet om spoed tot dertig meter hoog in hul voortbeweging uit te voer. Hulle het in hulle boesem 'n kolonie bakterieë gedra wat hulle in die dertiende dale en vlaktes van Mars gekweek en versprei het. Bakterieë wat spesiaal vir hierdie doel ontwikkel is deur aardse genetici, het vinnig gereproduseer en deur fotosintese het koolstofdioksied in suurstof verander.Vir baie jare het hierdie robotte hierdie proses van landvorming voortgesit totdat daar onder wetenskaplikes ooreengekom is dat die water by die Marspole nie sal smelt teen die spoed wat nodig is om 'n omgewing te skep wat bevorderlik is vir menslike lewe nie. Na baie beraadslaging het ons tot die gevolgtrekking gekom dat die beste opsie om water na Mars te bring, sou wees om die yswater tussen die mane en die atmosfeer van Jupiter te trek. Dit sou verskeie missies in hierdie vyandige omgewing inneem, sodat die hoeveelheid water voldoende was. Tegnologiese ontwikkelingsmaatskappye moes masjiene toerus met toenemend komplekse kunsmatige intelligensie prosesse vir hierdie poging om die masjiene vry te stel van afstandmoni
'n Amerikaner in Rome
Par Claudio Ruggeri. 2019
Die lewe is gemaak vir ontmoetings, in hierdie boek word daar van een so ontmoeting vertel. Dit is 'n eenvoudige…
storie, een wat tydens 'n somermiddag oor die tafels van 'n kroeg gehoor kan word
Eens op 'n Kersfees
Par Dawn Brower. 2020
Welkom in die dorp van Kismetbaai waar towerkuns en lot 'n manier van die lewe is... Holly Strange is deel…
van 'n groot familie. Haar voorouers het Kismetbaai meer as 200 jaar gelede gestig. Kismetbaai het baie sjarme en vir die Stranges, beteken dit hulle na hulle een ware liefde geleë word. Kersfees en elke vakansie, bring die dorp se towerkuns uit. Dit is Kersfees, so dus is enigiets moontlik, en wanneer sy letterlik Nicholas Bell buite die plaaslike koffiewinkel raakloop, word haar wêreld om gedompel. Holly het opgehou om te glo dat sy liefde sou vind, maar na daardie een noodlottige ontmoeting begin sy glo in die krag van die lot, en die moontlikheid om haar harts begeerte te vind.
'N Sigeuner se Kersfees Soen
Par Dawn Brower. 2020
Lulia Vasile is die dogter van 'n Romaanse prinses en 'n Graaf se tweede seun. Sy het grootgeword met rolle…
in 'n reisende teater, optreedes by graafskoue, en het me waarsê gewoeker. Sy vra nie verskoning vir wie sy is nie, en leef die lewe soos sy wil. Finley Prescott, die Hertog van Clare, verlaat nie sy meenthuis tensy dit nodig is nie. Hy het verantwoordelikhede en mense wat op hom staat maak. Al wat hy wil hê, is om uit de wêreld te verdwyn. Hy doen nie goed in groot byeenkomste nie en gebrek aan sosiale etiket. Fin en Lulia het 'n geskiedenis. Een wat nie een van hulle vergeet het nie. Toe hulle weer ontmoet word hulle saamgetrek. Na daardie toevallige ontmoeting deel hulle 'n magiese soen. Onderweg ontdek hulle dat die ding wat 'n persoon soms nodig het, nie is wat hulle sou verwag het nie.
Nuwejaar Openbaring
Par Dawn Brower. 2020
Welkom by die dorp Kismetbaai waar towery en die noodlot 'n manier van lewe is... Nash King is sy hele…
lewe lank lief vir Leilia Strange. Ongelukkig het hy van kleins af na die rol van beste vriend verwys. Op die randjie van die nuwe jaar het hy besluit om haar te vertel hoe hy voel. Dit is 'n risiko wat 'n wig vir ewig deur hulle kan druk. Sal Nash en Leilia liefde vind? Die noodlot is wispelturig en dinge in Kismetbaai verloop nie altyd soos beplan nie...
Kersverleiding
Par Dawn Brower. 2020
Kersverleiding is 'n blik op elkeen van die paartjies in Novak Springs en hoe dit met hulle gaan nadat hulle…
elkeen hulle gelukkige ewigheid gevind het. Neem 'n rit in die geheue saam met hulle en ervaar die dinge waarmee hulle nog steeds versoek word--veral met Kerstyd.
Die lewe kom vinnig en vinnig vir Kendra en haar gesin in 'n distopiese wêreld wat sukkel om van 'n…
kernoorlog te herstel en nou onder die regering van 'n uitheemse regering is. Onbewus van die naderende uitheemse inval inval, is 'n groep wetenskaplikes - wat Kendra se ouers ingesluit het - beveel om 'n zombie virus te skep en dit op Rusland los te laat. Die bedoeling was om Rusland te onderwerp en dan die geneesmiddel vry te stel, maar die uitheemse aanval het hulle onverhoeds betwis en die wetenskaplikes en hul geneesmiddel het verdwyn en die virus laat woeker. Nadat sy teen die virus geënt is, is Kendra se tante een van hierdie wetenskaplikes wat haar identiteit geheim gehou het uit vrees dat sy 'n slaaf van die vreemde regering sou word. Wanneer 'n dorpie wat verbind is met die mense wat ondergronds verhuis het om te oorleef, Kendra ontvoer in die hoop dat hulle enige herinneringe kan oes van haar ouers wat die geneesmiddel bespreek het terwyl sy 'n baba was met die gebruik van 'n eksperimentele masjien, moet haar tante besluit om te kom. voort met haar identiteit. Intussen, tesame met die hantering van die steeds toenemende bevolking van zombies, stel die uitheemse regime - wat mense as 'n lekkerny vir hul etenstafel beskou - ten doel om die menslike geslag reg te stel en te suiwer van diegene wat op een of ander manier deur die kernontploffings gemuteer is. Rex is een van daardie mense. Hy is ook Kendra se minnaar. “Waar Zombie Loop” is Boek Een van Kendra se Reis in 'n wêreld wat stomende romanse, spyker byt gevaar en opwinding bied, en 'n paradysagtige heiligdom in sy kern. Al wat sy hoef te doen is om daarheen te kom.
Die Regime: Boek Twee van Kendra se Reis (Kendra se Reis #2)
Par Eileen Sheehan. 2018
KAN LIEFDE VAN OORLEEF IN 'N WORRELD VAN ZOMBIES EN VREEMDES! In 'n distopiese wêreld wat sukkel om van 'n…
kernoorlog te herstel en wat deur vreemdelinge oorheers en regeer, slaag Kendra daarin om liefde, vrede en harmonie te vind. Ongelukkig word haar huishoudelike geluk verbrysel as sy en haar man deur die uitheemse regime gevang word en in die teelprogram geplaas word. Met die hulp en opoffering van haar sagte opsigter slaag hulle daarin om te ontsnap. Hulle liggame is gratis, maar wat van hul gedagtes? Het daar te veel vir hulle gebeur om na mekaar terug te kom? Om hulself tot die verhaal toe te voeg, word hul seun na die binneland van Senter Land geneem en in die kinderprogram geplaas. Nou moet hulle 'n manier vind om hom terug te kry! "Die Regime" is boek twee van Kendra se Reis in 'n wêreld wat stomende romanse, spyker byt gevaar, opwinding, 'n bietjie verskrikking en 'n paradysagtige heiligdom in sy kern bied. Al wat sy hoef te doen is om daarheen te kom. Dit is wat 'n leser moet sê: "Hierdie boek het my heeltemal ingesuig soos die eerste! Kendra is so 'n sterk vrou wat ek liefhet vir haar. Ek het my bedenkinge oor Ari gehad, maar na alles in hierdie boek was sy eg. Hierdie boek het geantwoord 'n paar vrae, maar het ook meer laat ontstaan waarop ek nie kan wag om die antwoorde in die volgende boek te vind nie.”
Selène
Par Valerio Dalla Ragione, Elmarié Smal. 2017
'n Wêreld wat herhaaldelik hervestig en hervorm is op 'n klassieke grondslag wat nou vervalle is, 'n swak sosiale integriteit…
en 'n eeue oue verdrag tussen die stadstate wat die oorlog oorleef het, Redui en Eyodasmi. 'n Ingewikkelde en delikate menslikheid van die sesde millennium, vier studente verlaat hul tuisdorp in die lig van die hoogste vlak van geleerdheid in die kulturele hoofstad van die tyd. Sosiale spanning en ideologiese implikasies oorheers die toneel waar die lewens van die vier vriende rondgesleep en ontwrig word, wie se ervarings hulle dinge laat doen wat hulle nooit gedink het dat hulle dit moet regverdig of teen dit wees nie, as in daardie wêreld rondom hulle. Optimisme, selfvertroue in kennis en in hul vermoëns sal nou aanskou word in al hul illusie, en die redes van die vreeslikste misdade soos die hoogste meriete uitstaande bly, span die aksies en dialoë van die hoofkarakters saam.
Juffrou Kane se Kersfees
Par Caroline Mickelson, Petro Ebersöhn. 2016
Met nog net drie dae voor Kersfees, stem Carol Klaas in toe haar pa vra dat sy die Noordpool moet…
verlaat op 'n sending om Kersfees te probeer red. Dit klink maklik genoeg om by enkelpa Ben Hanson en sy kinders in te trek, totdat Sinter haar inlig dat Ben die skrywer is van die ontstellende nuwe boek, Verby Vervlakste Bog: Hoekom Dit 'n Slegte Idee Is Om Vir Jou Kinders Leuens Te Vertel Oor Sinter Klaas. Sy doen haar voor as Juffrou Kane, die kinders se nuwe au pair, en probeer alles in haar vermoë om Ben te oortuig hoeveel pret Kersfees kan wees, terwyl sy sukkel om te verstaan hoe een man die Kerstyd so kan haat. En hoe kan sy, Sinter Klaas se enigste dogter, so aangetrokke voel tot 'n man wat weier om te glo dat haar pa bestaan?
'n Alfa se Domein
Par Aj Tipton, Ella Du Plooy. 2016
'n Biljoenêr ysbeer-verwisselaar draai die hitte oop in sy betowerende yshotel. Biljoenêr verwisselaar Ben Broyles word geteister deur sy tragiese…
verlede. Hy bou 'n betowerende yshotel as 'n toevlugsoord vir die bonatuurlikes in 'n gevaarlike wêreld. Wanneer die bose kabouters wat verantwoordelik was vir sy familie se moord by die hotel inboek, is Ben vasberade om hulle te keer voordat hulle alles vernietig wat hy opgebou het. Met sy hotel en lewe op die spel, moet Ben sy vyande stop voordat dit te laat is. Sally is die kurwerige en bekwame bestuurderes van die Wondernasium Yshotel wat dink dat sy alles kan hanteer. 'n Hele mengelmoes van bonatuurlikes wat vuurballe skiet in die voorportaal? Hanteer. Gaste wat prober die ander gaste opeet? Geen problem nie. Maar daar is een ding wat Sally nie kan hanteer nie: Haar begeerte vir haar baas. Wanneer 'n stomende ontmoeting in Ben se kantoor haar hele wêreld onderstebo keer, moet Sally besluit of sy die towerkrag in haar wil omhels of wegvlug van haar ware self. Dit is 'n paranormale romanse vir volwassenes wat sexy verwisselaars, plofbare towerkrag en 'n werkplek romanse insluit wat so warm is dat dit selfs die koudste hart sal smelt.