Résultats de recherche de titre
Articles 1 à 8 sur 8

Die Avonture van die Lone Jack Kêrel – Die Terugkoms (Boek #2)
Par Joe Corso. 2018
Toekenning: Truewest Magazine – Beste van die Weste 2016 – Westerse Boeke – Self Gepubliseerde Kategorie. Charles Longstreet se Broadway…
toneel het geëindig na ‘n jaar en hy wou die aktrise iets gee om hom te onthou. Nadat die beroemde aktrise haar geskenk ontvang het kyk sy na haar vriendin. “Jy weet, Olga, sommige mans het goedheid wat uit hulle straal en Charles Longstreet, al is hy nie bewus daarvan nie, is een van hulle.” Charlie word gestruikroof op die wandelpad deur drie mans wat hom skiet en los vir die dood. Noudat hy weer gesond is volg hy die ou verlate Butterfield Overland Koetspad en Charlie volg die mans tot in El Paso. Cora wat Charlie amper vermoor gekry het oor haar nuuskierigheid, staan op die sypaadjie voor haar winkel. Hy ry verby haar asof sy nie bestaan nie. As gevolg van haar onvolwassenheid het dalk nou die man van haar drome verloor. Nou is dit te laat om enigiets daaromtrent te doen behalwe om te waai terwyl hy stadig verby ry en om te dink aan dit wat kon gewees het. Ned het die rook weggeblaas van sy geweerloop en na die kroegman gedraai. “Hy is die Lone Jack Kêrel, en as hierdie vente hom net uitgelos het, het hulle nog geleef.” Hoekom ry ‘n gewonde Indiaan saam met Charles Longstreet en hoekom dra Charlie ‘n Maarskalk Kenteken? En hoekom laat President Grant hom na die Withuis kom? Hierdie is die tartende vrae wat beantwoord word sover as wat die leser die Lone Jack Kêrel in sy nuutste avontuur volg op die wandelpad wes na Kalifornië.
Die Avonture van die Lone Jack Kêrel: Die Buffel Jag
Par Joe Corso. 2020
Die Lone Jack Kêrel is terug! Maar hierdie keer is hy saam met sy bloedbroer, Wilde Arend, Hoofman van die…
Kaw Indiane aan die ry op die vergete Butterfield Oorland Koets Roete deur gevaarlike stam gebiede. Al is hulle bewus van verskuilde vyandige Indiane en moorddadige struikrowers wat wag vir 'n geleentheid om niksvermoedende reisigers te roof en vermoor, besluit die twee om die verraderlike tog op die ou verlate roete deur Texas na Kalifornië te neem... maar op pad daarheen moet hulle 'n belangrike draai maak in El Paso. President Grant het gevra dat die Lone Jack Kêrel die Groothertog Alexis in San Diego ontmoet en die jong Russiese edelman vergesel na Nebraska om saam met Generaals Sheridan en Custer, en Buffel Bill Cody deel te neem aan 'n groot buffel jag. Die Lone Jack Kêrel en Wilde Arend se reis neem hulle weswaarts - deur onbekende Indiaanse Grondgebied waar hulle langs die pad kamp in verwaarloosde tent dorpe na Kalifornië waar hulle ware avontuur begin ... Lees verder en volg die bekroonde reeks na sy opwindende slot!
Uitbarsting: Katerina Carter-misdaadroman (Katerina Carter-misdaadroman reeks #3)
Par Colleen Cross. 2020
Somtyds is dit beter om die verlede begrawe te laat... Bedrogondersoeker, Katerina Carter se uitstappie na ʼn geïsoleerde eiland ontbloot…
ʼn misterieuse 1920s okkult, geheime gange en gerugte van goue skatte. Die Aquarian Foundation se misterieuse geheime is verlore in die sand van tyd, maar ʼn onheilspellende misdaad lê diep onder in die water. Kat ontbloot ʼn afgryslike waarheid wat een moordenaar ten alle koste sal beskerm. Om die geheim bloot te lê, sal die moordenaar weer laat toeslaan en net sý kan die moordenaar keer. As sy gelukkig is, sal sy met haar lewe ontsnap, maar het haar geluk reeds uitgehardloop? ʼn Meesleurende psigologiese riller wat jy met die ligte aan sal wil lees!
Moby Leviatan Dick: Die Gesoekte Beesjaer en Banneling
Par Wakii Reeder, Buckshot Billy. 2020
Hierdie storie neem Melville se Moby Dick en pas dit aan tot ‘n Westerse Beesjaer boek. Dit is ‘n definitiewe…
verhaal van wraak, Ahab jag die verbande krimineel, Moby Levviatan Dick. U sal mal wees oor hierdie seevarende klassieke storie wat nou aangaan op droë grond. ‘n Besprekings gids is ingesluit in die hierdie boek.
ANN se OORLOG: Afpersing (ANN se Oorlog Reeks #3)
Par Hannah Howe. 2020
Met haar man, Emrys, wat steeds in aksie vermis word, moet Ann Morgan die realiteit aanvaar dat sy hul eerste…
huweliks herdenking, en Kersfees alleen moet deurbring. Maar, ‘n telefoon oproep van Aistair Blythe, ‘n jongman met wie sy kortliks, voor haar huwelik met Emrys, uitgegaan het sit Ann op ‘n pad wat na moord lei, ontmoetings met handelaars op die swart mark en wat lewensgevaar vir haar inhou. Met die hulp van bobaas spioenmeester Charles Montagu en Speurder Inspekteur Max Deveraux, krap Ann ‘n groot oorlogs geheim oop. En, saam met die wonderlike sneeu wat oor die Kerstyd val, kry sy ‘n geskenk wat sy nooit sal vergeet nie.
Die Avonture van die Lone Jack Kêrel
Par Joe Corso, Marlette Taljaard. 2017
Agterblad Beskrywing (Back Page Blurp) “Deur die skrywer van The Starlight Club wat Silwer gewen het in die 2012 eLit…
boek wedstryd” Dit was oorlogstyd en manne het geleef en gesterf in gevegte teen hul vyand ... en somtyds het hulle gesterf in geveg teen mekaar. Cole het na die manne gekyk, sy hand opgelig en in ‘n stem hard genoeg vir almal om te hoor gesê, “Moenie dit doen nie, ouens. Sturman was ‘n geel brak, en ‘n droster, en julle hoef nie te sterf om sy soort te probeer wreek nie.” Daar was sewe Indiane en hulle het rondom twee semi-naak wit vroue, wat gelyk het soos ma en dogter, gestaan. Charlie het sy asem diep ingetrek en stadig uitgeblaas. Toe het hy gemik - - en gevuur, en gevuur, en weer gevuur, herhalend. Hy het vier van die Indiane platgetrek voor hulle geweet het wat hulle getref het. Toe het hy die oopte ingestorm en nog ‘n Indiaan geskiet wat vir sy geweer gereik het. “My naam is Charles Longstreet.” Die mans het na mekaar gekyk toe hulle hom erken. “Jy is die Lone Jack Kêrel?” Die Kêrel het geglimlag. “Die een en enigste.” Hy het sy hoed afgehaal en dit in die lug geswaai, toe gee hy die Rebelle skreeu. “Sien julle geld rowers in hel, manne.” Hy het die teuels gepluk en Comet met sy hakke in die lieste gedruk. Sy het haar kop gedraai en in die borrelende stroom ingespring met water so hoog soos die stiebeuels en het oorgenael, met die water al spattend in die lug om haar. Dit was nogal ‘n indrukwekkende vertoning van ruiterkuns, en die tol kollekteerders het met wrokkige admirasie toegekyk. Deel in die pret. Ry saam met Jesse en Frank James en die Younger broers terwyl hulle deel in die avonture van Die Lone Jack Kêrel. Lone Jack Kid het twee pryse gewen naamlik: Finalis van die 2012 Leser’s Gunsteling boek wedstryd & Finalis van die 2014 Laramie Toekennings boek wedstryd
Geraamtes op die Solder: Marketville Raaisel #1 (Marketville Misteries #1)
Par Judy Penz Sheluk. 2023
Calamity (Callie) Barnstable is nie verbaas om te hoor dat sy die enigste begunstigde van haar oorlede pa se boedel…
is nie, hoewel sy geskok is om te ontdek dat sy 'n huis in die stad Marketville geërf het - 'n huis wat sy nie geweet het hy het nie. Daar is egter voorwaardes verbonde aan Callie se erfenis: sy moet na Marketville verhuis, in die huis woon en haar ma se moord oplos. Callie is nie lus om 'n dertigjarige raaisel op te sleep nie, maar as sy dit nie doen nie, is daar 'n skelm psigiese genaamd Misty Rivers wat hoop om self die Barnstable-familie geheime bloot te lê. Vasbeslote om Misty te stuit en haar pa se wense te vervul, aanvaar Callie die uitdaging. Maar is sy gereed om die geraamtes wat op die solder versteek is, in die gesig te staar?
Spelteorie: ’n Katerina Carter-misdaadroman (Katerina Carter bedrog-misdaadromanreeks #2)
Par Colleen Cross. 2019
Spelteorie Forensiese rekenmeester, Katerina Carter se bedrog ondersoek lê ʼn massiewe Ponzi-skema bloot wat verbind is aan die skimagtige World…
Institute, ʼn globale dinktenk met ʼn ysingwekkende geheime agenda. Kat is vasgekeer in ʼn hoogspeel politieke komplot waar die spelers by niks sal stop om te kry wat hulle wil hê nie, in ʼn spel wat sy nie kan bekostig om te verloor nie.