Résultats de recherche de titre
Articles 1 à 5 sur 5

Bande wat Bind
Par Elaine, Amy Blankenship. 2017
Sanctuary is 'n privaat weggesteekte vakansie oord op sy eie private berg. Angel Hart het op Sanctuary groot geword, altyd…
deur almal teen die buitewêreld beskerm. Sy was altyd in die drie mans waarvoor sy lief was se geselskap tot haar famielie besluit het om haar weg te vat.Twee jaar later kom sy terug vir 'n kuier en bring haar eie kêrel saam. Skielik vind Angel haarself die middelpunt van verskeie mense se obsessie en hulle intensies is om haar nooit weer toe te laat om Sanctuary te verlaat nie. Die geheime obsessies raak 'n dodelike spel van besitlikheid, soos die mans wat haar lief het die gevaarlikste mans op die berg word.
Uitbarsting: Katerina Carter-misdaadroman (Katerina Carter-misdaadroman reeks #3)
Par Colleen Cross. 2020
Somtyds is dit beter om die verlede begrawe te laat... Bedrogondersoeker, Katerina Carter se uitstappie na ʼn geïsoleerde eiland ontbloot…
ʼn misterieuse 1920s okkult, geheime gange en gerugte van goue skatte. Die Aquarian Foundation se misterieuse geheime is verlore in die sand van tyd, maar ʼn onheilspellende misdaad lê diep onder in die water. Kat ontbloot ʼn afgryslike waarheid wat een moordenaar ten alle koste sal beskerm. Om die geheim bloot te lê, sal die moordenaar weer laat toeslaan en net sý kan die moordenaar keer. As sy gelukkig is, sal sy met haar lewe ontsnap, maar het haar geluk reeds uitgehardloop? ʼn Meesleurende psigologiese riller wat jy met die ligte aan sal wil lees!
ANN se OORLOG: Afpersing (ANN se Oorlog Reeks #3)
Par Hannah Howe. 2020
Met haar man, Emrys, wat steeds in aksie vermis word, moet Ann Morgan die realiteit aanvaar dat sy hul eerste…
huweliks herdenking, en Kersfees alleen moet deurbring. Maar, ‘n telefoon oproep van Aistair Blythe, ‘n jongman met wie sy kortliks, voor haar huwelik met Emrys, uitgegaan het sit Ann op ‘n pad wat na moord lei, ontmoetings met handelaars op die swart mark en wat lewensgevaar vir haar inhou. Met die hulp van bobaas spioenmeester Charles Montagu en Speurder Inspekteur Max Deveraux, krap Ann ‘n groot oorlogs geheim oop. En, saam met die wonderlike sneeu wat oor die Kerstyd val, kry sy ‘n geskenk wat sy nooit sal vergeet nie.
Geraamtes op die Solder: Marketville Raaisel #1 (Marketville Misteries #1)
Par Judy Penz Sheluk. 2023
Calamity (Callie) Barnstable is nie verbaas om te hoor dat sy die enigste begunstigde van haar oorlede pa se boedel…
is nie, hoewel sy geskok is om te ontdek dat sy 'n huis in die stad Marketville geërf het - 'n huis wat sy nie geweet het hy het nie. Daar is egter voorwaardes verbonde aan Callie se erfenis: sy moet na Marketville verhuis, in die huis woon en haar ma se moord oplos. Callie is nie lus om 'n dertigjarige raaisel op te sleep nie, maar as sy dit nie doen nie, is daar 'n skelm psigiese genaamd Misty Rivers wat hoop om self die Barnstable-familie geheime bloot te lê. Vasbeslote om Misty te stuit en haar pa se wense te vervul, aanvaar Callie die uitdaging. Maar is sy gereed om die geraamtes wat op die solder versteek is, in die gesig te staar?
Spelteorie: ’n Katerina Carter-misdaadroman (Katerina Carter bedrog-misdaadromanreeks #2)
Par Colleen Cross. 2019
Spelteorie Forensiese rekenmeester, Katerina Carter se bedrog ondersoek lê ʼn massiewe Ponzi-skema bloot wat verbind is aan die skimagtige World…
Institute, ʼn globale dinktenk met ʼn ysingwekkende geheime agenda. Kat is vasgekeer in ʼn hoogspeel politieke komplot waar die spelers by niks sal stop om te kry wat hulle wil hê nie, in ʼn spel wat sy nie kan bekostig om te verloor nie.