Résultats de recherche de titre
Articles 1 à 2 sur 2

DAISY texte (Téléchargement direct), DAISY texte (Zip), ePub (Zip), Word (Zip)
Policiers (romans), Procédures policières (romans)
Diamante, gevaar, verdwyning en bedrog... ’n Katerina Carter-misdaadroman Bedrogspeurder, Katerina Carter, het geen benul wanneer om die handdoek in te…
gooi nie, en dit laat haar dikwels in deurmekaar en gevaarlike situasies beland. Noudat die werk skaars is en haar geld vinnig opraak, het Kat kliënte nodig; anders sal sy noodgedwonge op haar knieë moet terugkruip na haar hokkie by die firma waar sy gewerk het. En vir Kat is hierdie lot erger as skuld. Wanneer Liberty-diamantmyn se uitvoerende hoof, Susan Sullivan haar dus huur om Liberty se verdwene finansiële bestuurder en ’n groot bedrag verduisterde geld op te spoor, is sy baie gretig om die werk te aanvaar. Rampsalige armoede is goeie motivering om moeilike sake aan te vat, maar haar opwinding verander gou in angs toe twee werknemers van die maatskappy brutaal vermoor word. Kat besef dat die ondersoek dalk gevaarliker is as wat sy verwag het. En asof dinge nie ingewikkeld genoeg is nie, ontdek sy ’n sinistere skakel tussen Liberty, bloeddiamante en georganiseerde misdaad. Sy moet net bewyse kry en uit die moordenaars se pad bly om die ware misdadigers aan die kaak te stel. Met die hulp van haar vriende en ’n eksentrieke oom, moet Kat bontstaan of haar eerste saak is moontlik ook haar laaste...
Vroeë lesers: Vlak 1 sigwoord-boek – 7 maklik leesbare stories met sigwoorde
Par Katrina Kahler, Annerie. 2017
DAISY texte (Téléchargement direct), DAISY texte (Zip), Word (Zip), ePub (Zip)
Littérature générale (romans), École (récits)
As jy jou gr. R- en kleuterskoolkinders wil leer hoe om te lees, dan is hierdie die perfekte boek om…
mee te begin. Die sigwoord-boek beskik oor eenvoudige teks, herhalende woorde en illustrasies om jou kind te help met vooruitskattingsvaardighede en begrip. Dit is uitstekend vir beginner-lesers tussen die ouderdomme van 2 tot 5 jaar. Die boek bestaan uit sewe stories, onder meer: Is jy my maatjie, Is jy ’n monster, Alles oor Kersfeesvader, Wil jy speel, As jy jou hond liefhet, Die lekkerste speelgrond nog en My eerste dag by die kleuterskool. Sigwoord-flitskaarte en aktiwiteite word in hierdie boek verskaf. Die boek is deur ’n professionele opvoedkundige geskryf wat vir die afgelope 30 jaar vir duisende kinders leer hoe om te lees. Jy sal jou kind ’n groot hupstoot gee as jy hierdie boek aankoop. As jy jou gr. R- en kleuterskoolkinders wil leer hoe om te lees, dan is hierdie die perfekte boek om mee te begin. Die sigwoord-boek beskik oor eenvoudige teks, herhalende woorde en illustrasies om jou kind te help met vooruitskattingsvaardighede en begrip. Dit is uitstekend vir beginner-lesers tussen die ouderdomme van 2 tot 5 jaar. Die boek bestaan uit sewe stories, onder meer: Is jy my maatjie, Is jy ’n monster, Alles oor Kersfeesvader, Wil jy speel, As jy jou hond liefhet, Die lekkerste speelgrond nog en My eerste dag by die kleuterskool. Sigwoord-flitskaarte en aktiwiteite word in hierdie boek verskaf. Die boek is deur ’n professionele opvoedkundige geskryf wat vir die afgelope 30 jaar vir duisende kinders leer hoe om te lees. Jy sal jou kind ’n groot hupstoot gee as jy hierdie boek aankoop.