Résultats de recherche de titre
Articles 1 à 3 sur 3

DAISY texte (Téléchargement direct), DAISY texte (Zip), ePub (Zip), Word (Zip)
Policiers (romans), Procédures policières (romans)
Diamante, gevaar, verdwyning en bedrog... ’n Katerina Carter-misdaadroman Bedrogspeurder, Katerina Carter, het geen benul wanneer om die handdoek in te…
gooi nie, en dit laat haar dikwels in deurmekaar en gevaarlike situasies beland. Noudat die werk skaars is en haar geld vinnig opraak, het Kat kliënte nodig; anders sal sy noodgedwonge op haar knieë moet terugkruip na haar hokkie by die firma waar sy gewerk het. En vir Kat is hierdie lot erger as skuld. Wanneer Liberty-diamantmyn se uitvoerende hoof, Susan Sullivan haar dus huur om Liberty se verdwene finansiële bestuurder en ’n groot bedrag verduisterde geld op te spoor, is sy baie gretig om die werk te aanvaar. Rampsalige armoede is goeie motivering om moeilike sake aan te vat, maar haar opwinding verander gou in angs toe twee werknemers van die maatskappy brutaal vermoor word. Kat besef dat die ondersoek dalk gevaarliker is as wat sy verwag het. En asof dinge nie ingewikkeld genoeg is nie, ontdek sy ’n sinistere skakel tussen Liberty, bloeddiamante en georganiseerde misdaad. Sy moet net bewyse kry en uit die moordenaars se pad bly om die ware misdadigers aan die kaak te stel. Met die hulp van haar vriende en ’n eksentrieke oom, moet Kat bontstaan of haar eerste saak is moontlik ook haar laaste...
Die Kielieboom
Par Francois Keyser. 2020
DAISY texte (Téléchargement direct), DAISY texte (Zip), Word (Zip), ePub (Zip)
Détente (romans), Littérature générale (romans)
Daar is baie wonders rondom ons, ons moet dit net raak sien… Familie koop ʼn nuwe huis en hul gestremde…
dogter, Katryn hoor snags geluide vanuit die rigting van die boom. Sy gaan stel ondersoek in een nag en is verstom oor wat sy daar aantref. Sy ontmoet ʼn paar eienaardige vriende en sommer gou-gou hou sy partytjies in die nag saam met hulle. Selfs toe daar iets vreesliks met ʼn maat gebeur, hou die gelag en vrolikheid nie op nie en so gebeur daar ook ʼn wonderwerk wat Katryn in staat stel om te kan loop. “Die Kielieboom” is geinspireer deur ʼn boom in ʼn park waar ons dogters altyd gaan speel het. Die storie is in rym-vorm geskryf en inspireer ons om op die uitkyk te wees vir die wonders van die lewe; in ons kinderjare en des te meer ook in ons grootmens lewe. Dit demonstreer ook vir ons hoeveel krag daar in blydskap is, soveel so dat ʼn jong, gestremde dogter ʼn wonderwerk beleef en kan loop vir die eerste keer in haar lewe.
10 pretstories - 2-5-jariges - Ideaal vir slaaptyd
Par Katrina Kahler. 2020
DAISY texte (Téléchargement direct), DAISY texte (Zip), Word (Zip), ePub (Zip)
Détente (romans), Littérature générale (romans)
Audio avec voix de synthèse
Hierdie boek is gevul met oorspronklike stories wat alle jong kinders sal geniet. Jou kind sal verseker dadelik van elkeen…
van die karakters hou en hul avonture baie geniet. Die karakters sluit ’n verskeidenheid oulike diere, dinosourusse, seerowers en ook jong meisies en seuns in by wie jong kinders aanklank sal vind. Ingebed in elke storie is ’n boodskap wat jy met jou kind sal kan bespreek om sekere kwessies vas te lê, soos die belangrikheid daarvan om goedhartig en sorgsaam te wees, om die waarheid te praat, om dapper te wees, om jou bes te probeer en om ’n nuwe baba in die gesin te hanteer, om maar net ’n paar te noem. Elke storie is gevul met illustrasies wat jou en jou kind sal vermaak. Perfek vir vroeë lesers of beginner-lesers en geskik vir kinders van 2–5. Lees die stories as slaaptydstories en gebruik dit weer wanneer jou kind in preprimêr is en begin om te leer lees. Daar is ook ’n Inhoudsopgawe waarop jy kan klik vir maklike navigasie. ’n Wonderlike boek vir jong kinders!