Résultats de recherche de titre
Articles 1 à 5 sur 5

Die Kielieboom
Par Francois Keyser. 2020
Daar is baie wonders rondom ons, ons moet dit net raak sien… Familie koop ʼn nuwe huis en hul gestremde…
dogter, Katryn hoor snags geluide vanuit die rigting van die boom. Sy gaan stel ondersoek in een nag en is verstom oor wat sy daar aantref. Sy ontmoet ʼn paar eienaardige vriende en sommer gou-gou hou sy partytjies in die nag saam met hulle. Selfs toe daar iets vreesliks met ʼn maat gebeur, hou die gelag en vrolikheid nie op nie en so gebeur daar ook ʼn wonderwerk wat Katryn in staat stel om te kan loop. “Die Kielieboom” is geinspireer deur ʼn boom in ʼn park waar ons dogters altyd gaan speel het. Die storie is in rym-vorm geskryf en inspireer ons om op die uitkyk te wees vir die wonders van die lewe; in ons kinderjare en des te meer ook in ons grootmens lewe. Dit demonstreer ook vir ons hoeveel krag daar in blydskap is, soveel so dat ʼn jong, gestremde dogter ʼn wonderwerk beleef en kan loop vir die eerste keer in haar lewe.
10 pretstories - 2-5-jariges - Ideaal vir slaaptyd
Par Katrina Kahler. 2020
Hierdie boek is gevul met oorspronklike stories wat alle jong kinders sal geniet. Jou kind sal verseker dadelik van elkeen…
van die karakters hou en hul avonture baie geniet. Die karakters sluit ’n verskeidenheid oulike diere, dinosourusse, seerowers en ook jong meisies en seuns in by wie jong kinders aanklank sal vind. Ingebed in elke storie is ’n boodskap wat jy met jou kind sal kan bespreek om sekere kwessies vas te lê, soos die belangrikheid daarvan om goedhartig en sorgsaam te wees, om die waarheid te praat, om dapper te wees, om jou bes te probeer en om ’n nuwe baba in die gesin te hanteer, om maar net ’n paar te noem. Elke storie is gevul met illustrasies wat jou en jou kind sal vermaak. Perfek vir vroeë lesers of beginner-lesers en geskik vir kinders van 2–5. Lees die stories as slaaptydstories en gebruik dit weer wanneer jou kind in preprimêr is en begin om te leer lees. Daar is ook ’n Inhoudsopgawe waarop jy kan klik vir maklike navigasie. ’n Wonderlike boek vir jong kinders!
Moby Leviatan Dick: Die Gesoekte Beesjaer en Banneling
Par Wakii Reeder, Buckshot Billy. 2020
Hierdie storie neem Melville se Moby Dick en pas dit aan tot ‘n Westerse Beesjaer boek. Dit is ‘n definitiewe…
verhaal van wraak, Ahab jag die verbande krimineel, Moby Levviatan Dick. U sal mal wees oor hierdie seevarende klassieke storie wat nou aangaan op droë grond. ‘n Besprekings gids is ingesluit in die hierdie boek.
Stemme
Par Elaine, Michael Bray. 2017
Die dorpie van Oakwell is verlate en onder kwarentein geplaas deur die regering. die nagmerrie lyk asof dit uiteindelik verby…
is. Maar die geeste van Oakwell is nie van plan om te gaan rus nie. Toe Emma Barett, met die gruwels wat sy gedurende die slagting by Hope Hotel nog vars in haar gehue, die band tussen Isaac Samson en 'n manier om die Oakwell vervloeking vir ewig te stop ontdek, moet sy werk teen tyd, nie net om die seun op te spoor nie, maar hom oortuig om haar te help om 'n einde te maak aan die gruwels wat hulle almal se lewens omver gegooi het, te maak. In hierdie finale hoofstuk van die Whisper trilogie, sal opofferings gemaak moet word, onmoontlike besluite geneem word en lewens op die spel geplaas word in die finale geveg tussen goed en kwaad, wat afspeel in die gebreekte oorblyfsels van die dorp.
Die Weerwolf van die vloot
Par Elaine, Jonathan P. Brazee. 2017
Privaat Eerste klas Aiden Kaas het by die Mariene aangesluiot vir al die verkeerde redes. Na ontplooing na Irak op…
negentien, wou hy net sy toer klaar maak. Maar nadat hy deur 'n waarskynlike mal majuhideen gebyt is, ly hy aan 'n seldsame siekte , een met nagevolge wat hy nie in sy woldse drome sou kon voorspel nie. En die siekte het hom aan groter gevare bloodgestel as wat sy onplooing ooit kon. Aiden besef wat dit beteken om 'n man te word, en hoe hy tot verhaal moet kom met wat hy geword het. Waarskuwing: Boek bevat dele met geweld en seks.