Résultats de recherche de titre
Articles 1 à 4 sur 4

Emma se Verjaarsdag - Om Dankbaar te Wees
Par Amber Richards, Jamie Marais. 2017
DAISY texte (Téléchargement direct), DAISY texte (Zip), Word (Zip), ePub (Zip)
Fêtes (romans)
"My naam is Emma. Vandag is my verjaarsdag en ek is baie opgewonde! Ek is sewe jaar oud." Clarence Thomas…
het gesê dat "Goeie maniere sal deure oopmaak wat die beste onderwys nie kan nie.” Hierdie woorde spreek volumes, soos in vandag se uiteenlopende en veranderende samelewing word ons as individue geëvalueer, op wat ons weet en hoe ons ander se gevoelens beskou. As ouers is ons geneig om meer te fokus op ons kind se akademiese/fisiese vaardigheidsversameling. Partykeer vergeet ons dat emosionele volwassenheid ook baie balangrik is, selfs vir jong kinders. Hierdie emosionele vaardighede sal jou kind se vermoë om langdurige verhoudings met hulle vriende verbeter. Dit sal hulle ook in staat stel om in ‘n morele volwassene te groei. Lesse vir die lewe word gewoonlik geleer deur gebruik te maak van die mees eenvoudige gebeurtenisse binne die menslike ervaring. Hierdie boek fokus op hoe jou kind moet reageer wanneer hulle 'n geskenk ontvang wat hulle nie waardeer nie. "Emma se Verjaarsdag - Om Dankbaar te Wees" is vermaak en maklik om te lees. Ons kan almal baie van Emma leer, en ek sien uit daarna om haar storie met jou te deel.
Aangaande Astrid
Par Zelna Naude, Jean-Marie Kassab. 2018
DAISY texte (Téléchargement direct), DAISY texte (Zip), ePub (Zip), Word (Zip)
Classiques (romans)
Geskryf in die eerste persoon, praat die roman oor die ontmoeting tussen die verteller, Francis en 'n vreemdeling, 'n vrou…
wat Astrid genoem word, op 'n strand. Francis is 'n desperate, onlangse bankrot biljoenêr wat kontak met sy familie verloor het, juis omdat hy daarna streef om ryk te word. Hy ondergaan deur die verhaal 'n persoonlike ontleding van sy geleidelike transformasie in 'n wrede werkalkoholis net om onbewustelik 'n ernstige pa te wees. Hy praat regdeur die roman duidelik oor sy angstig soeke na geluk wat hy tot dusver nie kon vind nie. Astrid, deur middel van sensitiewe en slim dialoog, help hom om sy hartseer te oorkom en om vreugde te vind op plekke waar hy nooit gesoek het nie. Francis word geleidelik verras deur die uiterste wysheid van hierdie vrou en haar aansteeklike "Joie-de-vivre" en eers in die laaste paar bladsye, weet hy dat sy 'n weduwee is, 'n weeskind, en dat sy haar oë verloor het in 'n ongeluk, en tog is sy gelukkig, ten spyte van haar beproewing. Francis se probleme word skielik futiel. Die boek eindig met 2 briewe, een van Astrid aan Francis gestuur om hom in te lig dat sy haar sig herstel het, danksy 'n onbekende kornea-skenker. Die tweede brief word deur Doris, Francis se vrou, aan Astrid gestuur om haar te vertel dat Francis oorlede is aan 'n hartaanval, maar dat hy "gelukkig" gesterf het, danksy haar hulp daardie dag op die strand, en dat hy [Francis] die onbekende skenker is. Samevattend het Astrid hom gehelp om te sien wat hy nie vir homself kon sien nie. Hy bedank haar deur sy kornea te skenk.
Emma se Verjaarsdag - Om Dankbaar te Wees
Par Amber Richards, Jamie Marais. 2017
DAISY texte (Téléchargement direct), DAISY texte (Zip), ePub (Zip), Word (Zip)
Fêtes (romans)
"My naam is Emma. Vandag is my verjaarsdag en ek is baie opgewonde! Ek is sewe jaar oud." Clarence Thomas…
het gesê dat "Goeie maniere sal deure oopmaak wat die beste onderwys nie kan nie.” Hierdie woorde spreek volumes, soos in vandag se uiteenlopende en veranderende samelewing word ons as individue geëvalueer, op wat ons weet en hoe ons ander se gevoelens beskou. As ouers is ons geneig om meer te fokus op ons kind se akademiese/fisiese vaardigheidsversameling. Partykeer vergeet ons dat emosionele volwassenheid ook baie balangrik is, selfs vir jong kinders. Hierdie emosionele vaardighede sal jou kind se vermoë om langdurige verhoudings met hulle vriende verbeter. Dit sal hulle ook in staat stel om in ‘n morele volwassene te groei. Lesse vir die lewe word gewoonlik geleer deur gebruik te maak van die mees eenvoudige gebeurtenisse binne die menslike ervaring. Hierdie boek fokus op hoe jou kind moet reageer wanneer hulle 'n geskenk ontvang wat hulle nie waardeer nie. "Emma se Verjaarsdag - Om Dankbaar te Wees" is vermaak en maklik om te lees. Ons kan almal baie van Emma leer, en ek sien uit daarna om haar storie met jou te deel.
Die Raaisel van die Gesiglose Bruid
Par Pennie Mae Cartawick. 2019
DAISY texte (Téléchargement direct), DAISY texte (Zip), ePub (Zip), Word (Zip)
Classiques (romans), Histoire (romans)
Die bruid het geen verlepte rose vasgehou nie, maar haar trourok was geskeur en verbrand. Haar kaal bene yskoud, wiegend…
en onvas. Die sluier het laag oor haar gesig gehang. Ek het my pistool by my gehad, maar ek kon nie skiet nie. As dit 'n spook was sou die koeël sekerlik dwarsdeur gegaan het, maar as dit ‘n mens was, dan sou ek ‘n dooie vrou skiet. Haar hande, die naels lank en gebreek, het die sluier opgelig gehou. Haar gesig! Selfs in die donkerte kon ek sien hoe vermink dit was. Die oë is uit hulle kaste geruk, die neus ingedruk; al wat oorgebly het was die mond. Dun, sagte lippe wat oop was om bruin afgebreekte tande te wys.