Résultats de recherche de titre
Articles 1 à 4 sur 4

Die Kielieboom
Par Francois Keyser. 2020
DAISY texte (Téléchargement direct), DAISY texte (Zip), Word (Zip), ePub (Zip)
Détente (romans), Littérature générale (romans)
Daar is baie wonders rondom ons, ons moet dit net raak sien… Familie koop ʼn nuwe huis en hul gestremde…
dogter, Katryn hoor snags geluide vanuit die rigting van die boom. Sy gaan stel ondersoek in een nag en is verstom oor wat sy daar aantref. Sy ontmoet ʼn paar eienaardige vriende en sommer gou-gou hou sy partytjies in die nag saam met hulle. Selfs toe daar iets vreesliks met ʼn maat gebeur, hou die gelag en vrolikheid nie op nie en so gebeur daar ook ʼn wonderwerk wat Katryn in staat stel om te kan loop. “Die Kielieboom” is geinspireer deur ʼn boom in ʼn park waar ons dogters altyd gaan speel het. Die storie is in rym-vorm geskryf en inspireer ons om op die uitkyk te wees vir die wonders van die lewe; in ons kinderjare en des te meer ook in ons grootmens lewe. Dit demonstreer ook vir ons hoeveel krag daar in blydskap is, soveel so dat ʼn jong, gestremde dogter ʼn wonderwerk beleef en kan loop vir die eerste keer in haar lewe.
Die Manewales van Thomas die Kat
Par Linda M. Henderson. 2020
DAISY texte (Téléchargement direct), DAISY texte (Zip), Word (Zip), ePub (Zip)
Animaux (récits), Christianisme (romans)
Audio avec voix de synthèse
Thomas die pragtige kat gaan op 'n reis deur sy omgewing, en is verbaas oor wat hy ontdek. Hy ontmoet…
'n colliehond, 'n lam, 'n valk, 'n wit perd, 'n tier, 'n leeu, 'n olifantfamilie, en 'n uil. Maar omdat hy nie besef dat hy regtig 'n kat is nie, het elke ontmoeting hom laat wonder of dit die soort dier is wat hy bedoel was om te wees. Uiteindelik, vertel 'n wyse uil vir hom die waarheid. Jou kinders sal hulle verlustig in die nuwe avontuur van Thomas en begin nadink saam met Thomas, wie hulle ook bedoel was om te wees as hulle ouer word!
Die Klein Rooi Brandweerwa
Par Linda Henderson. 2020
DAISY texte (Téléchargement direct), DAISY texte (Zip), Word (Zip), ePub (Zip)
Littérature générale (romans), Christianisme (romans)
Audio avec voix de synthèse
Die Klein Rooi Brandweerwa het 'n gelukkige lewe gehad- tot eendag, toe twee nuwe brandweerwaens in sy motorhuis inry. Hy…
was seker dat hy nie meer verlang of nodig sou wees nie. Dit het hom baie hartseer gemaak. Maar toe eendag, was daar 'n brand in sy rustige dorpie. Vind uit wat gebeur met die klein brandweerwa. Hierdie verhaal sal jou kleintjie (ouderdomme 3-5) wys dat selfs wanneer iets sleg gebeur, kan daar nogsteeds 'n gelukkige einde wees!
10 pretstories - 2-5-jariges - Ideaal vir slaaptyd
Par Katrina Kahler. 2020
DAISY texte (Téléchargement direct), DAISY texte (Zip), Word (Zip), ePub (Zip)
Détente (romans), Littérature générale (romans)
Audio avec voix de synthèse
Hierdie boek is gevul met oorspronklike stories wat alle jong kinders sal geniet. Jou kind sal verseker dadelik van elkeen…
van die karakters hou en hul avonture baie geniet. Die karakters sluit ’n verskeidenheid oulike diere, dinosourusse, seerowers en ook jong meisies en seuns in by wie jong kinders aanklank sal vind. Ingebed in elke storie is ’n boodskap wat jy met jou kind sal kan bespreek om sekere kwessies vas te lê, soos die belangrikheid daarvan om goedhartig en sorgsaam te wees, om die waarheid te praat, om dapper te wees, om jou bes te probeer en om ’n nuwe baba in die gesin te hanteer, om maar net ’n paar te noem. Elke storie is gevul met illustrasies wat jou en jou kind sal vermaak. Perfek vir vroeë lesers of beginner-lesers en geskik vir kinders van 2–5. Lees die stories as slaaptydstories en gebruik dit weer wanneer jou kind in preprimêr is en begin om te leer lees. Daar is ook ’n Inhoudsopgawe waarop jy kan klik vir maklike navigasie. ’n Wonderlike boek vir jong kinders!