Résultats de recherche de titre
Articles 1 à 7 sur 7

Halo
Par Elmarié Smal, Francesco Falconi. 2016
"Halo" is die eerste soort vreemde verhaal van Francesco Falconi. Met 'n huldeblyk aan Kafka se Metamorfose, die storie saamgevat…
in 'n paar bladsye oor 'n leeftyd, familie dramas, pyn wat nooit sal verdwyn nie. Tot op die laaste oomblik. Tot die ontdekking van onsself en van die lig.
Dagboek van 'n Perdmal Meisiekind
Par Katrina Kahler, Petro Ebersöhn. 2017
Volg die avonture van Abbie en haar eerste ponie, Vonk, ‘n pragtige volbloed, in haar dagboek. Ja, sy is mal…
oor perde, en wanneer sy haar eerste ponie kry word al haar drome waar… “Toe ek Vonk vir die eerste keer sien, het ek geweet sy is die regte ponie vir my! Die oomblik toe ek haar oor die weikamp sien handgalop, dink ek het altwee van ons geweet ons hoort bymekaar. Maar ek was nie voorbereid op die opwindende avonture wat vir ons voorgelê het nie.” My Eerste Ponie neem jou op ‘n rit vol pret, vriendskappe, en selfs byna ‘n ramp. Dit is die ware verhaal van ‘n absoluut-perdmal meisie en ‘n pragtige volbloed met die na Ek is mal oor perde! Katrina
Cecilia se Verhaal
Par Debbie Manber Kupfer. 2020

Olifant kul sy vriende
Par Francois Keyser. 2020
Boekbeskrywing: Olifant is honger. Na 'n bietjie verkenning ontdek hy 'n land vol wortels en piesangs. Daar is net een probleem… …
Daar is bye tussen hom en die heerlike piesangs en wortels en olifante is bang vir bye. Olifant dink aan 'n manier om die wortels en piesangs te kry sonder om gesteek te word. Hy kry hulp van sy vriende, die haas en die aap. Hy dink nie hulle sal deur bye gesteek word nie, maar hy vergeet te maklik om hulle in elk geval van die bye te vertel. Toe Olifant se plan vreeslik verkeerd loop en sy vriende besef dat hy van die bye geweet het, besluit hulle om hom 'n les te leer...
Die Manewales van Thomas die Kat
Par Linda M. Henderson. 2020
Thomas die pragtige kat gaan op 'n reis deur sy omgewing, en is verbaas oor wat hy ontdek. Hy ontmoet…
'n colliehond, 'n lam, 'n valk, 'n wit perd, 'n tier, 'n leeu, 'n olifantfamilie, en 'n uil. Maar omdat hy nie besef dat hy regtig 'n kat is nie, het elke ontmoeting hom laat wonder of dit die soort dier is wat hy bedoel was om te wees. Uiteindelik, vertel 'n wyse uil vir hom die waarheid. Jou kinders sal hulle verlustig in die nuwe avontuur van Thomas en begin nadink saam met Thomas, wie hulle ook bedoel was om te wees as hulle ouer word!
Beer Vind 'n Huis
Par Linda Henderson. 2020
Klein Beer voel alleen in die wêreld. Nadat hy eendag wakker geword het en besef het dat daar geen ander…
bere was om hom te troos of vir hom te sorg nie, het hy besluit om op reis te gaan om iemand te vind wat hom sal lief hê. Soos jy sal vind tydens die lees van hierdie boek, lei sy soektog hom na 'n gelukkige einde.
Megan se Kersfees 'n Geesgids, 'n Spooktier en Een Skrikwekkende Ma! Megan en haar vriendin, Jane, is mal oor Kersfees,…
maar hierdie jaar wil hulle iets onvergeetliks doen. Dit is Kerstyd, en dit beteken skoolvakansie is naby, maar Megan is nog nie te gretig om skool klaar te maak nie! Die laaste dag van Kerskwartaal is een van haar gunstelinge van die skooljaar. Megan begin egter dink oor hoe sy hierdie jaar anders kan maak as al die ander, en so bespreek dit met haar beste vriendin, Jane. Hulle kom met 'n goeie idee vorendag om hul Kersfees spesiaal te maak en terselfdertyd 'n paar minder bevoorregte plaaslike mense te help. Kersfees gaan goed, maar Megan leer baie oor hoe ander dit moet ervaar, en vind ook 'n paar waarhede uit haar Geesgids, Wacinhinsha. Alles in aanmerking geneem, is dit 'n onvergeetlike en leersame ervaring vir albei meisies.