Résultats de recherche de titre
Articles 1 à 20 sur 22

Dokter Margaret se Seekis
Par Waheed Rabbani, Adri Van Schalkwyk. 2016
Dokter Margaret se seekis, is Boek I van ʼn trilogie van historiese fiksie wat afspeel gedurende die stryd van Indië…
vir vryheid—Azadi—van die Britse Raj. Die boeke weef ʼn verhaal van internasionale intrige, konflik, en aangrypende liefde tussen interessante karakters van daardie era. In 1965 is ʼn seekis van meer as 100 jaar oud, vermoedelik dié van ʼn Amerikaanse dokter, Margaret, ontdek in die stoorkamer van ʼn hospitaal in Delhi. ʼn Ander Amerikaanse dokter, Sharif, wat oorspronklik afkomstig is uit Delhi en op kontrak is by die hospitaal, is toevertrou met die taak om die geheimsinnige vrou se familie op te spoor en die kis aan hul terug te besorg. Sharif spoor Margaret se nageslag in Grimsby, Ontario, Kanada op. Haar dagboeke en ander artefakte, soos die kroon van die Koninkryk van Jhansi, is in die kis gevind. Margaret, gebore in New Jersey uit ʼn Skotse Presbiteriaanse klerklike familie, oorwin geweldige struikelblokke en bereik haar hartsbegeerte in 1850 om een van die eerste Noord-Amerikaanse vroue dokters te word. Sy trou met haar Kanadese neef, Robert, en reis saam met hom om in die Krimoorlog van 1854 te dien. In die Krim kry hul nie net swaar met al die veldslae nie, maar moet ook ander konflikte verduur. Van gebeure wat gelei het tot en na die berugte Charge of the Light Brigade, ontmoet Margaret ʼn Russiese offisier, graaf Nicholai. Die verrassende einde van Boek I laat Margaret in ʼn verknorsing, moet sy wraak neem of moet sy voortgaan met haar reis na Indië. Op die ou end glo sy, sy het die regte besluit gemaak. ******************************************** ******************************************** “[Waheed] se weergawe van die Indiese Rebellie uit ʼn Indiese oogpunt is fassinerend vir die Westerse leser en behoort goed ontvang te word ...” – Ian Walker, skrywer van LOCA
Die Rook wat Donder
Par Liezl Dreyer, Paul Zunckel. 2016
Piet en Peggy, saam met hulle baba dogter, Heather, staan op die punt om 'n gas te kry by hulle…
safarikamp huis ... Die versorging van hulle vriende se dogter vir 'n paar dae sal maklik wees. Piet, die grof en harde safari eienaar, het Oom Piet geword vir die klein Debi van die dag af wat hy haar veilig uit die wrak van die vliegtuig gebring het waarin haar ouers verongeluk het. Terwyl die donderweer rol oor die Afrika hemelruim, en 'n waarskuwing stuur aan diegene wat sou omgee om ag te slaan op die magtige Zambezirivier wat vorentoe beweeg soos 'n stootskraper, met niks om dit terug te hou nie ... Kan Piet die kind red van die woedende waters van die magtige Zambezi voordat sy oor die valle stort met die tuimelende waters en bose rotse onder?
In Die Duisternis
Par Liezl Dreyer, Paul Zunckel. 2016
Piet van Zyl stap in die donker van sy gedagtes in toe 'n gewelddadige hou teen die agterkant van sy…
kop veroorsaak dat hy aan geheueverlies ly. Hy word vir dood agtergelaat, in die wildernis van die Zambezi-vallei, die huis van die Groot Vyf, ongewapen en sonder om te weet wie hy is of waar hy vandaan kom. Die soektog is aan vir die fris Suid-Afrikaner, een is 'n soek en red, die ander 'n soek en vernietig. Wie sal Piet eerste kry ... sal hy die wildernis van Afrika kan oorleef, die land wat hy liefhet, of sal dit hom vernietig.
Bloed Demoon: Wraak
Par Liezl Dreyer, Paul Zunckel. 1957
Een man met 'n begeerte van wraak wat hom verblind, en wat aan die einde sy ondergang is, as hy…
sy demoon ontsluit om te loop en te jag onder die Afrika maan, Suiwer boosheid, wat loop in die Afrika-bos. 'n Onheil wat verslind - opgeroep uit die duisternis van die hel in 'n ritueel wat vlees en bloed behels het ... Piet van Zyl bevind homself aan die ontvang kant van waansin as hy gekonfronteer word met die Bloed Demoon wat die lewens bedreig van diegene waarvoor hy die liefste is.
Bloed Spoor in die Donker
Par Liezl Dreyer, Paul Zunckel. 2016
Moderne Afrika ... met antieke oortuigings. Saam met vrees, kom krag. Reis diep in die Kongo-Delta saam met Piet van…
Zyl, safari jagter, en Veronica Strydom, Afrikaanse kultuur deskundige, soos wat hulle dieper ingetrek word in die web van bygelowe en vrees. Hulle kom van aangesig tot aangesig met die geheime sekte wat na vore kom uit die donker verlede en nou in die nag loop. Ervaar die bygelowe, rituele, en toordery van die moordenaars bekend as Die Luiperd Mans, want die geskiedenis herhaal homself in 'n orgie van rituele moorde en bloed wellus.
Dokter Margaret in Delhi
Par Waheed Rabbani, Adri Van Schalkwyk. 2017
Dokter Margaret reis alleen na Indië om by haar ouers by die Amerikaanse Presbiteriaanse Sendingstasie in Futtehgurh te wees en…
dan na haar pos by ‘n hospitaal in Delhi. Daar moet sy nie net werkdruk oorkom nie, maar ook met haar intimideerders en intriges van die Mughals, by die Delhi Rooi Fort deel. Margaret se martelaar sedert haar kinderjare, Kaptein Albert, sluit ook aan by ‘n Britse regiment wat vir diens in Indië gebasseer is. Die Rus, Kaptein Graaf Nicholai, wie Margaret in die Krim ontmoet het, arriveer ook in Indië onder die dekmantel van ‘n Franse dokter. Die gebeure wat tot die Indiese Muitery/Rebellie gelei het en uitgebreek het in 1857, het nie net ‘n baie groot invloed op Margaret se lewe nie, maar ook op diegene wat haar liefhet en ander wat haar skade wil berokken. Ook deurmekaar in die warboel is een van die Koning van Delhi, Shah Zafar se Rooi Fort Wagte, sepoy Sharif Khan Bhadur, die oupa van Dokter Wallidad, ‘n Amerikaanse dokter. Die Azadi Reeks dek die opwindende gebeure en onrus wat Indië deurvleg het van 1857 tot 1947 en tot haar onafhanklikheid gelei het. Daardie voorvalle verswelg die karakters van hierdie storie op daardie tydstip en later hul afstammelinge se lewens weer in die 1960’s.
Dokter Margaret in Delhi
Par Waheed Rabbani, Adri Schalkwyk. 2017
Dokter Margaret reis alleen na Indië om by haar ouers by die Amerikaanse Presbiteriaanse Sendingstasie in Futtehgurh te wees en…
dan na haar pos by ‘n hospitaal in Delhi. Daar moet sy nie net werkdruk oorkom nie, maar ook met haar intimideerders en intriges van die Mughals, by die Delhi Rooi Fort deel. Margaret se martelaar sedert haar kinderjare, Kaptein Albert, sluit ook aan by ‘n Britse regiment wat vir diens in Indië gebasseer is. Die Rus, Kaptein Graaf Nicholai, wie Margaret in die Krim ontmoet het, arriveer ook in Indië onder die dekmantel van ‘n Franse dokter. Die gebeure wat tot die Indiese Muitery/Rebellie gelei het en uitgebreek het in 1857, het nie net ‘n baie groot invloed op Margaret se lewe nie, maar ook op diegene wat haar liefhet en ander wat haar skade wil berokken. Ook deurmekaar in die warboel is een van die Koning van Delhi, Shah Zafar se Rooi Fort Wagte, sepoy Sharif Khan Bhadur, die oupa van Dokter Wallidad, ‘n Amerikaanse dokter. Die Azadi Reeks dek die opwindende gebeure en onrus wat Indië deurvleg het van 1857 tot 1947 en tot haar onafhanklikheid gelei het. Daardie voorvalle verswelg die karakters van hierdie storie op daardie tydstip en later hul afstammelinge se lewens weer in die 1960’s.
Die Skaduwee van die Bloedhond
Par Elmari Smal, Claudio Ruggeri. 2018
Die lyk van 'n jong vrou word tussen bosse gevind, van die eerste leidrade, sowel as die motief van die…
moordenaar lyk vir almal duidelik, behalwe vir Vincent Germano, die Kommissaris van die Polisie, wat besluit om ondersoek in te stel.
Die Kommissaris se Spook
Par Elmari Smal, Claudio Ruggeri. 2017
Kommissaris Vincent Germano is 'n ouskoolse polisiewoordvoerder wat gebore is in San Francisco, maar in Italië woon vir meer as…
twintig jaar,waar 'n gebeurtenis nie sy lewe verander het nie. Die Castelli Romani, is 'n provinsie suid van Rome, dit is die agtergrond waar die twee sake wat Germano en sy manne se aandag vereis en ondersoekpyne veroorsaak, afspeel; 'n onkantse skeidsregter en 'n vermiste meisie.
Nooit Meer as Twee Keer
Par Claudio Ruggeri, Adri Schalkwyk. 2017
‘n Boodskap gevind in ‘n bottel en die nuuskierigheid van ‘n antiekhandelaar sal Vincent Germano lei tot ‘n ondersoek waarvan…
die gevolgtrekking net as vergesog gestel kan word. Die kommissaris sal dikwels omring word deur mense wat ‘n verduideliking moet gee, ‘n bevel moet maak of advies moet vra, maar in werklikheid sal dit net wees soos almal wat na die waarheid soek.
Die Dissonant
Par Juliet Perie, Claudio Ruggeri. 2017
Ralf Brandenburg, internasionale musikant, is dood gevind op sy geliefde klavier. Die man in beheer van die ondersoek, Vincent Germano,…
sal die moord moet oplos met niks anders as die woorde en skinder van mense wat gelukkig genoeg was om Ralf te geken het.
Woorde Van Die Anderkant Af
Par Claudio Ruggeri, Clarien Kurzepa. 2016
Aangrypende misdaadriller wat jou tot die laaste bladsy geïnterreseerd sal hou. Volg kommissaris Vincent Germano en sy ondersoekspan wat onvermoeid…
werk om hierdie saak op te los. 'n Paar moontlike verdagtes en 'n vorige onopgeloste saak maak dit inderdaad baie moeilik om dit op te los.
Raaisel Van ‘N Moordenaar
Par Adri Schalkwyk, Claudio Ruggeri. 2016

Die Gebreekte Raam
Par Mignionette Fair, Claudio Ruggeri. 2015
'n Man word dood in sy kunsgalery gevind en daar sal van Vincent Germano verwag word om deur duisende moontlike…
aannames te waad. Die Kommissaris sal die swartgallige ondersoek moet hanteer.
Die Avonture van die Lone Jack Kêrel – Die Terugkoms (Boek #2)
Par Joe Corso. 2018
Toekenning: Truewest Magazine – Beste van die Weste 2016 – Westerse Boeke – Self Gepubliseerde Kategorie. Charles Longstreet se Broadway…
toneel het geëindig na ‘n jaar en hy wou die aktrise iets gee om hom te onthou. Nadat die beroemde aktrise haar geskenk ontvang het kyk sy na haar vriendin. “Jy weet, Olga, sommige mans het goedheid wat uit hulle straal en Charles Longstreet, al is hy nie bewus daarvan nie, is een van hulle.” Charlie word gestruikroof op die wandelpad deur drie mans wat hom skiet en los vir die dood. Noudat hy weer gesond is volg hy die ou verlate Butterfield Overland Koetspad en Charlie volg die mans tot in El Paso. Cora wat Charlie amper vermoor gekry het oor haar nuuskierigheid, staan op die sypaadjie voor haar winkel. Hy ry verby haar asof sy nie bestaan nie. As gevolg van haar onvolwassenheid het dalk nou die man van haar drome verloor. Nou is dit te laat om enigiets daaromtrent te doen behalwe om te waai terwyl hy stadig verby ry en om te dink aan dit wat kon gewees het. Ned het die rook weggeblaas van sy geweerloop en na die kroegman gedraai. “Hy is die Lone Jack Kêrel, en as hierdie vente hom net uitgelos het, het hulle nog geleef.” Hoekom ry ‘n gewonde Indiaan saam met Charles Longstreet en hoekom dra Charlie ‘n Maarskalk Kenteken? En hoekom laat President Grant hom na die Withuis kom? Hierdie is die tartende vrae wat beantwoord word sover as wat die leser die Lone Jack Kêrel in sy nuutste avontuur volg op die wandelpad wes na Kalifornië.
Die Raaisel van die Gesiglose Bruid
Par Pennie Mae Cartawick. 2019
Die bruid het geen verlepte rose vasgehou nie, maar haar trourok was geskeur en verbrand. Haar kaal bene yskoud, wiegend…
en onvas. Die sluier het laag oor haar gesig gehang. Ek het my pistool by my gehad, maar ek kon nie skiet nie. As dit 'n spook was sou die koeël sekerlik dwarsdeur gegaan het, maar as dit ‘n mens was, dan sou ek ‘n dooie vrou skiet. Haar hande, die naels lank en gebreek, het die sluier opgelig gehou. Haar gesig! Selfs in die donkerte kon ek sien hoe vermink dit was. Die oë is uit hulle kaste geruk, die neus ingedruk; al wat oorgebly het was die mond. Dun, sagte lippe wat oop was om bruin afgebreekte tande te wys.
Fluistering in die Wind
Par Paul Zunckel. 2020
Boekbeskrywing: Stap in die bose wêreld van mensehandel, waar korrupte amptenare, werkloosheid, armoede,gierigheid en mag 'n rol speel. 'n Gesin…
word deur ontvoering uitmekaar geskeur. 'n Kind wat in die middel van die nag gesteel word, 'n ma wat in slawerny ontvoer en verkoop is, en die wêreld van sekshandel. Die soektog na die kind en vrou verskuif van die oewer van die magtige Zambezi tot diep in die Afrika-bos, na die onderwêreld van Johannesburg, Suid-Afrika.
Die Avonture van die Lone Jack Kêrel: Die Buffel Jag
Par Joe Corso. 2020
Die Lone Jack Kêrel is terug! Maar hierdie keer is hy saam met sy bloedbroer, Wilde Arend, Hoofman van die…
Kaw Indiane aan die ry op die vergete Butterfield Oorland Koets Roete deur gevaarlike stam gebiede. Al is hulle bewus van verskuilde vyandige Indiane en moorddadige struikrowers wat wag vir 'n geleentheid om niksvermoedende reisigers te roof en vermoor, besluit die twee om die verraderlike tog op die ou verlate roete deur Texas na Kalifornië te neem... maar op pad daarheen moet hulle 'n belangrike draai maak in El Paso. President Grant het gevra dat die Lone Jack Kêrel die Groothertog Alexis in San Diego ontmoet en die jong Russiese edelman vergesel na Nebraska om saam met Generaals Sheridan en Custer, en Buffel Bill Cody deel te neem aan 'n groot buffel jag. Die Lone Jack Kêrel en Wilde Arend se reis neem hulle weswaarts - deur onbekende Indiaanse Grondgebied waar hulle langs die pad kamp in verwaarloosde tent dorpe na Kalifornië waar hulle ware avontuur begin ... Lees verder en volg die bekroonde reeks na sy opwindende slot!
Ann se Oorlog: Verraad
Par Hannah Howe. 2020
Met haar man weg op ‘n geheime sending, maak Ann Morgan gereed vir nog ‘n dag as sekretaresse by Trevor…
Bowman se privaat-speurder agentskap. Maar hierdie dag sal nie soos enige ander dae wees nie. In vier-en-twintig uur, sal Ann se lewe handomkeer verander wanneer sy ‘n moord ontdek, ‘n aanteklike wewenaar ontmoet, Speurder Inspekteur Max Deveraux, en hy konfronteer die moordenaar in ‘n web van versoeking en misleading.
ANN se OORLOG: DIE INVAL
Par Hannah Howe. 2020
Met haar man, Emrys, wat steeds vermis word gedurende die oorlog, ontvang Ann Morgan ‘n persoonlike uitnodiging van die sjarmante…
Speurder Inspekteur Max Deveraux. Moet sy die uitnodiging aanvaar of van die hand wys? Intussen, in haar persoonlike lewe, word Ann met ‘n dilemma gekonfronteer. Na Trevor Bowman se moord, moet sy die vaandel by sy speur agentskap oorneem? Terwyl Ann oor die persoonlike en profesionele aspekte van haar lewe wik en weeg, vra ‘n vriendin haar om haar vermiste dogter op te spoor. Klaarblyklik het Adeline Hopkins ‘n beskadigde verhouding met haar pa. Maar wat van haar gewese kêrel en ‘n Amerikaanse soldaat, ‘n GI waarmee sy uit gegaan het? Gedurende die tyd dat die GI’s gereed maak om te vertrek vir die tweede golf D-Dag invalle, het Ann antwoorde nodig, net om haarself met ‘n verdere dilemma te vind, hoe om geregtigheid te laat geskied.