Moenie die vele geleenthede mis wat jy het om vir jouself skatte in die hemel te vergader nie. Wanneer jy…
Sy teenwoordigheid betree met lofprysing, betree Hy jou omstandighede met krag. As jy die beste ding vir jou lewe wil doen ... Bid! Gebed is die kragtigste wapen wat ons het, Gebed is die enigste ding wat situasies verander. Gebed skep geleenthede. Gebed sal jou na lande en plekke neem waar jy nie 'n paspoort nodig het nie. Gebed sal goeie dinge laat gebeur. Wat die oog nie sien en die oor nie gehoor en in die hart van die mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet. 1 Korinthiërs 2:9 Onthou ... God se magtige krag is net 'n gebed ver!
Dit is skokkend dat die kosbare heilige naam van ons Hemelse Vader amper 7 000 keer uit Sy eie boek…
verwyder is. Hoe dink jy voel God? Toe Jesus on leer bid het, het Hy gesê" Ons Vader wat in die hemel is Laat U naam geheilig word …watter naam? Is dit God? ... dit is nie Sy naam nie ... dit is 'n titel. Is dit Here? ... dit is ook nie Sy naam nie ... dit is ook 'n titel. Wat is die persoonlike heilige naan van die god wat jy dien? Waarom is dit belangrik om die ware naam van God te gebruik en te prys? Het jy gesien wat in Openbaring hoofstuk 14 vers 1 geskryf is? En ook in Openbaring hoofstuk 3? Weet jy dat een van die hoofredes waarom Jesus aarde toe gekom het, was vir die doel om Sy Vader se naam te onthul en bekend te maak. In hierdie boek, sal jy die ware identiteit van die God van Israel ontdek wat die meeste Christene nie ken nie.